The South African
Military History Society

Die Suid-Afrikaanse Krygshistoriese Vereniging



Die Slag van Italeni – ‘n herwaardering

Deur Dr Gerrit I. Haarhoff1*

Abstrak

Nuwe navorsing het met behulp van modern tegnologie onteenseglik bewys dat die bestaande kennis oor die slag van Italeni foutief is. Die vorige terrein ondersoeke van onder meer HC de Wet en Ian Uys kon nie die geveg bevredigend beskryf gegewe die vroeëre herinneringe van die Trekkers nie. Die skrywer het die terrein self besoek en was geneem deur twee ander historiese entoesiaste, Paul Smith en Nico Harris, wat vir hom die belangrike elemente kon uitwys.
As medikus, kon die skrywer die wond van Piet Uys analiseer, en die verdere verloop van die geveg bevredigend beskryf uit die mediese observasie en die ooggetuie verslae.

Verder is bevind dat die enigmatiese naam “Italeni” nooit verlore of onbekend was nie, maar dat dit verwys na die koppie net buite uMgungundlovu waarom die hele slag gegaan het. Die gebruik van vorige skrywers om die slag van Italeni te verleng tot by Itala berg (om die “Italeni-benaming” te verduidelik) is eweneens verkeerd. Die hinderlaag waarin die Voortrekkers hulself in laat betrap het, was sowat 3 km laer af in die vallei as wat voorheen vermoed is.
Die chronologiese verloop van die geveg word beskryf met spesifieke verwysing na die kliprant en klipwal, sowel as nuwe grafte wat ontdek is en wat inskakel met die narratief oor die geveg.

Abstract

New research involving modern technology has proven beyond any doubt that previous knowledge regarding the battle of Italeni is deficient and faulty.
The author personally walked the site on several occasions, accompanied by two fellow historical enthusiasts, Paul Smith and Nico Harris, who were able to show him the salient elements of the battle.

With the authors background in medicine, he was able to analyse Piet Uys’ injury, and to project the possible effect that the wound would have had, based on his medical observation and the eyewitness accounts.

The riddle of the name “Italeni” has been solved and the author has proven that it was never “lost”, but referred to the small hillock close to uMgungundlovu, site of the battle. The area of battle is three kilometres further downstream in the Ndlolozo valley than which was previously thought. The narrative used by previous authors to extend the battle for 24km in to get close to Itala Hill is also incorrect. The chronological series of events during the battle are documented which fits well with the reminiscences of the veterans involved. The crucial markers such as the rockface and rock-wall were identified. There were seven graves marked for further archaeological investigation.

Sleutelwoorde / Keywords Italeni, Piet Uys, Dirkie Uys, Voortrekkers, Zulu, ambush, 1838, battle.

Inleiding

Die terrein van die slag van Italeni was vir jare lank verlore en is eers in die laat negentien vyftigs en vroeë sestigs beskryf deur die navorsing van Dr HC de Wet2 van Greytown. Hy was van mening dat die geveg in, op en om die koppe van die vallei van die Mkumbanestroom,3 digby uMgungundlovu plaasgevind het.

Daar was ookverdere artikels, soos Ian Uys4 se werk in die Suid Afrikaanse Krygshistoriese Vereniging en WA Markram se verhandeling oor Petrus Lafras Uys se lewe5 wat die slag beskryf. Die Uys familie self het heelwat skrywes die lig laat sien waar die familietradisie van die slag oorvertel word. Bornman het bygedra met sypublikasie oor die Nel familie wat betrokke was by die slag van Italeni.6 Dan was daar ook vêrlangsfamilielede wat redelik gereeld opinies en korrigerings op ander se foutiewelike beskouinge gepubliseer het.

Aangesien Italeni minder belangrik geag word in die Afrikaner geskiedenis teenoor sê Bloedrivier, het in-diepte navorsing oor die slag meestal agterweë gebly. Die feit dat die Trekkers hier verslaan is deur die uitgeslape en beter krygslis van die Zulus, het ook waarskynlik tot die geskiedkundige apatie gelei. Ongelukkig het die leemte gelei tot heelwat misgissings, onwaarhede en bespiegelings oor die dag van 11 April 18387, en hierdie werk is die skrywer se poging om die foutiewe aannames en gevolgtrekkings reg te stel.

Een van die mees langsdurige mites is dat die geveg sowat nege ure geduur het vandat die Voortrekkers in die hinderlaag betrap was, tot laat in die middag toe die Trekkers al-vlugtende by Itala berg by die Umhlatuzerivier ‘n laaste stelling gemaak het. Hierdie mite het waarskynlik sy onstaan vanaf PS du Toit se artikel in die Huisgenootgedenkuitgawe van 1938, waar die dwaling vir die eerste keer gestel is8 op grond van die herinnering van die Voortrekker JH Hatting, wat nie self op die slag teenwoordig was nie. Hatting het geen melding gemaak van die tweede slag nie, maar het volgehou dat hulle vir nege ure deur die Zulus agtervolg was. Ongelukkig, soos dit dikwels die geval is met mites, is die dwaling ondenkend herhaal deur verskeie skrywers soos Ian Uys, Van der Walt9, Von der Heyde10 en Johan Hamman 11 tot dat dit hedendaags amper tot “feit” verhef is.

Die skrywer is deur Paul Smith en Nico Harris na die slagveld vergesel en hulle het die pertinente landmerke aan hom uitgewys. Daar is vir ure gedebateer oor die moontlike verloop van die slag, en is die potensieële slagveld kruis en dwars platgeloop. Smith, wat jare lank in die omgewing gebly het, het die slag deeglik nagevors. Dit is sy mening, en skrywer deel dit geheel en al, dat die botsing laer af in die kloof plaasgevind het, waar die koppe verder uitmekaar is en die vallei oopmaak. Dit is ook beaam deur Nico Harris, seun van William Harris (jnr) wat vir HC de Wet in die 1950s gehelp het om tep oog om die gevegsterrein destyds te ontrafel.

Nico Harris noem dat die plantegroei in sy leeftyd heelwat verander het. Waar die koppe nou besaai is met bome was daar in sy kinderdae net grasvelde, met net hier en daar ‘n boom. Die Voortrekkers beskryf ‘n spruit met riete, wat beteken dat daar staande water in die area moes wees. Paul Smith beaam die algemene uitdroging (dessication) van die area in sy leeftyd.

Die hoofstad van die Zulus, uMgungundlovu was van water voorsiendeur die Ndlolozo, tesame met die Umkumbane effe meer oos, maar die is nou albei verdroog weens die plantasies bo op die berg. Daar is ‘n duidelike waterskaarste in die onmiddelike omgewing van uMgugundlovu. Tydens ons besoeke in Augustus en Oktober 2022 was die Ndlolozo heeltemaal droog.

‘n Verdere insig van Paul Smith, is dat die Trekkers glad nie by die bergneus af is nie (soos aangedui deur HC de Wet – sien later), maar dat hulle die heelwat makliker en logieser roete gevolg het van die ouwildspaadjies teen die meer noordwestelike rant. Die huidige pad is later gebou op hierdie paadjie om onder in die vallei by die Ndlolozo te kom digby Italeni. Aangesien die Zulus agter Italeni koppie kon bly en nie sigbaar sou wees vir die Trekkers totdat hulle WOU sigbaar wees, en dat die pad baie meer geleidelik afdaal na die voet van die vallei, maak die roete algeheel meer sin uit as die sogenaamde bergneus pad.

Die gebeure tydens die geveg word chronologies verduidelik vanaf die herinneringe van diegene wat betrokke was tydens die geveg, en vergelyk met wat moontlik en logies is op die terrein van die slagveld. Verdere argeologiese navorsing is egter nodig om die her-ontdekte grafte beter te kan verstaan en ten volle te kan beskryf.

Benaming van Italeni

Sommige skrywers, soos Ian Uys12 en Johann Hamman13, is van mening dat die slag van Italeni sowat 8-9 ure geduur het, en dat die meeste Zulus naby iTala berg by die Umhlatuzerivier gesneuwel het. Volgens hulle was die hinderlaag naby uMgungundlovu net die eerste fase van die geveg, gevolg deur aanhoudende vuur-en-beweeg aksies tot by iTala berg – ‘n afstand van sowat 24km. Hier sou die finale aanval dan plaasgevind het waar die Trekkers verlore aansien kon herwin en ‘left more dead Zulus there than at the pass.’14 Hierdie skrywer sal aantoon dat hierdie bewering onjuis is wanneer die ander Voortrekker herinneringe ook in ag geneem word, en dat die ‘verlengde skermutseling’ ‘n poging van later skrywers was om iTala berg met ‘iTaleni’ teverbind, en sodoende ‘n verklaring te kon gee oor die enigmatiese naam ‘iTaleni.’ Louis Nel, in sy herinnering aan EG Jansen15, eien en noem die koppie wat sentraal tot die slag staan ‘Italeni.’ Dit is onbekend hoekom hy die koppie so benoem, maar dit is heeltemaal oortuigend dat hy van mening is dat die betrokke kop se naam wel Italeni is. ‘So het die kommandos getrek tot by Italeni’ (p 66) en ‘die impi kom toe agter die mense van Uys aan en beset al vier die paaie deur die menige dongas aan die voet van Italeni’ (p 68).

Louis Nel was net ‘n 3 jarige kind tydens die slag van Italeni, maar sou die verhale van die Groot Trek menigmale met sy familie en van die ouergarde bespreek het. Hy was leergierig en bo-gemiddeld intellegent. Hy was ook ‘n eerlike verteller soos afgelei kan word deur sy kritiek teenoor sy oom, WG Nel, dat die se opgeskryfde herinneringe nie orals strook met wat hy voorheen van hom gehoor het nie:
‘Ik kende mijn oom seer intiemen heb hem talloze malen as kind het een en ander uitvoerighoren vertellen. Ik heb het boekje, dat men van hom heeft laten drukken, gelezen; enhoewel over‘t algemeen korrekt, komen er hier en daar punten in voor, die niet overeenstemmen met de geschiedenis zoals ik die van hem horde.’16 Ons kan dus aanvaar dat Louis Nel se skrywe van twintig jaar later amper ‘n korrigering van WG Nel se herinneringe was, en daardie insidente waar hulle feitelik saamstem, dit as “waar” aanvaar kan word.

“Italeni” verwys dus na die koppie wat minder as drie kilometre suidwes van uMgungundlovu geleë is in die vallei van die Ndlolozo. Van hier af is die terrain gelyk tot by die hoofstad van Dingane en is Italeni ‘a last sentinel’ voor die hoofstad.



Fig 1: Die nabyheid van Italeni aan uMgungundlovu
is duidelik sigbaar op die foto.

Navorsing’s dilemmas en caveats

Daar was besluit om grotendeels staat te maak op die primêre bronne van die slag van Italeni. Latere werke is wel deeglik geraadpleeg, maar word baie spaarsamig gebruik om die chronologiese volgorde van die slag op testel, weens foutiewelike aannames en gevolgtrekkings wat in die verlede gemaak is.

Daar is elf ‘eietydse herinneringe’ wat geraadpleeg kon word aan die Voortrekker kant. Die skrywer is nie bewus van enige kontemporêre geskrifte vanaf die Zulus wat beskikbaar is vir navorsing nie. Die getuienisse se herinneringe wissel in kwaliteit en dit is belangrik om te besef dat daar net vier17 persone van die lys van elf is wat self in die geveg betrokke was, en dat die ander tweedehandse hoorsê getuienis is.

Dit moet verder onthou word dat hierdie herinneringe eers sowat 60 jaar na die geveg opgeskryf is, en dat daar baie moontlikheid is tot degredasie en kontaminasie van die feitestelle:

  1. Ooggetuienisse is baie onbetroubaar en word maklik beinvloed deur suggestie. Dit is bekend dat mense soos Odé hulle deponente probeer beinvloed het om by sy eie lewens siening in te pas. Hy het na ‘n lang en breedvoerige gesprek met die bejaarde deponent sy eie weer gawe neergeskryf en dan verder tuis gaan verwerk in die lig van sy vorige ondervinding en kennis, en dan vir die deponent gevra om die verklaring te beaam en af te teken as ’n ware weergawe.18 Odé se eie idees en vooroordele word dus opgeneem in die getuienis, en daar kan ook kontaminasie wees van die herinneringe van ander getuienisse. JH Hatting (met behulp van Odé) het byvoorbeeld beweer dat die Zulus op twee koppe geposisioneer was (nogtans toon hulle skets net een kop.) Boshof, wat nie self op die slag was, maar ‘n paar weke na die geveg met verskillende mense onderhoude gevoer het, is die ander bron van twee koppe. Sy verslag verwys só daarna: ‘each division had taken it’s ground on the ridge of a hill rather difficult to ascend’19 en kan moontlik ‘n foutiewe aanname wees nadat hy herhaalde kere gehoor het van‘n koppie wat bestorm word. Ons is bewus dat Potgieter redelik vinnig na die slag weggetrek het na die Noorde, en Boshof toon nie ‘n onderskeiding of verskille (wat daarmoes wees) tussen Potgieter en Uys mense se vertellings nie.20 Sewe van die ander getuienisse verwys alleenlik na een kop en die res is stil oor hierdie aspek.

  2. Persoonsname word vergeet of foutiewelik onthou. Dit is besonder moeilik vir enige iemand om persoonsname te onthou wat in gebeurtenisse betrokke was wat sowat 60 jaar in die verlede plaasgevind het. Eerwaarde Owen21 se dagboek en J Boshof se artikels in die Grahamstown Journal en De Zuid Afrikaan was die enigste komtemporére weergawes van die slag. Al die ander deponente se weergawes is eers in die jare negentigs opgeneem deur Preller en medewerkers, wie die mondelikse vertellings, legends en of mites nie wou verlore laat gaan het nie. Preller het later die vertellings as nasionalistiese mondstukke publiseer.22 ‘Ons neem aan dat dit nie willens en wetens verander is deur een of ander naverteller nie, maar dat dit oor die jare slegs verander het weens die feilbaarheid van die menslike geheue en daardie tipies menslike neiging om by die verhaal iets anekdoties, iets treffends te soek.’23

  3. Die deponent is geneig om sy eie weergawe te dramatiseer en dit is telkemale verontskuldig met stellings soos: ‘wat ik hier wel vertel is nie wat ek gehoor het nie, maar wat ik self deurgemaak het.’24 Hierdie soort stelling beklemtoon dan die absolute ‘waarheid’ in die gedagtegang (mind) van die deponent.

  4. Chronologiesevergissings. Wanneer die chronologie van die geveg bestudeer word vind ‘n mens duidelike mistastings van die verskillende deponente waar hulle sekere insidente saamsmelt en ander weer skei en dan in die verkeerde volgorde weergee. ‘n Voorbeeld hiervan is PM Fouché wat die wagtende Zulus (‘duizende kaffers op de grond achter hulle schildvellen zitten’) tydens die hewigste gevegte oor (agter) die nek plaas, in plaas van voor die geveg op die koppie, soos wat ander getuienisse dit weergee. Dit is dus duidelik dat die insident wel plaasgevind het en ‘n wesenlike indruk gemaak het op Fouché, maar dat hy die konteks later verwar het.

  5. Posisionele foute is algemeen met ooggetuienisse. In plaas van die waarneming van spesifieke elemente in ‘n algemene opset te onthou, verwerk die brein die opset vir waar die elemente verwag sou word, in plaas van waar hulle regtig was tydens die insident. Cara Laney en Elizabeth Loftus25 maak gebruik van ‘n voorbeeld van ‘n biblioteek waar die ooggetuie die boekrakke en tafels goed kan visualiseer in sy gedagtes, maar nie waar ‘n spesifieke tafel sou gestaan het nie. ‘n Belangrike vraag in die Italeni opset is of die Zulus voor die aanvang van die geveg op een of twee koppe stelling ingeneem het. Dit is duidelik dat die Uys getuienisse die aanval van die kop goed kan onthou en weergee as ‘n kardinale moment van die geveg. Wat hul wel oor verskil, is die afstand waarop hulle gehalt het om voor die Zulu af te klim van hulle perde en aanteval. Aan die ander kant onthou die Potgieter getuienisse ook van so insident by ‘n koppie, en vertel van 16-25 kommandolede wat wel ‘n koppie opgery het, of dat Hendrik Potgieter self ook die koppie opgery het, sonder om werklik te begin skiet. Die terrein toon egter dat Potgieter se manne hulle aanval op ‘n vlakte gedoen het, en dat daar nie werklik ‘n kop betrokke was met hulle skyn-aanval nie. Hierdie is dus miskien ‘n samevloeiing van gebroke geheues tydens ‘n uiters spanningsvolle insident. Die weergawe van twee koppe het egter vir Dr HC de Wet geheel en al van die spoor gebring om die slagveld te kan eien. Sy grootste mistasting is juis die twee koppe wat hy nodig gehad het om sy narratief te kan laat vloei.

  6. ‘This is a problem particularly in cases where more than one person witnesses a crime. In these cases, witnesses tend to talk to one another in the immediate aftermath of the crime, including as they wait for police to arrive. But because different witnesses are different people with different perspectives, they are likely to see or notice different things, and thus remember different things, even when they witness the same event. Sowhen they communicate about the crime later, they not only reinforce common memories for the event, they also contaminate each other’s memories for the event.’26

Agtergrond

Na die moord op Pieter Retief en die opeenvolgende treurspel by Bloukrans op 17 Februarie 1838 was die Voortrekkers in Natal in ‘n benarde posisie. Die sieklike Gerrit Maritz het om hulp gevra en Hendrik Potgieter het spoedig van Suikerbosrand gekom na Natal toe. Piet Uys het met sy trekgeselskap vanaf die Vrystaat gehaas, en hom by Modderlaer aan die bolope van die Bloukransrivier gaan vestig. Potgieter daarenteen het sy geselskap aan die oewers van die Klein Tugela naby Winterton gaan vestig.

Na samesprekings met Maritz is daar besluit dat onmiddelike strafoptrede genoodsaak was. Die totstandkoming van ‘n behoorlike bevelstruktuur het egter agterweë gebly. Uys se vorige teenkanting teenoor Retief se leierskap is welbekend, en dit was duidelik dat hy nie tweedeviool teenoor Hendrik Potgieter wou speel nie. ‘n Kompromis is aangegaan en daar is besluit dat elke leier sy eie kommando sou lei, met rampspoedige gevolge vir die Trekker gemeenskap.



Andries Hendrik Potgieter


Petrus Lafras (Piet) Uys


Dingane ka Senzangakona

Fig 2. Die protagoniste tydens die slag van Italeni.
Let daarop dat geen ware afbeelding van Piet Uys bestaan nie.27

Die opmars van die straf-kommando

Hiernà het die Voortrekkerleiers ooreengekom om mekaar met hulle onderskeidelike kommando’s by Skietdrif, wat amper halfpad tussen die laers was, te ontmoet. Hierdie drif is ook later deur die Wen-kommando gebruik. Daar was in totaal sowat 347 manne wat saam opgeruk het, maar die getalle uit verskillende bronne wissel tussen 300 en 400 plus mans.28

Daar was geen waens op hierdie veldtog geneem nie en ekstra ammunisie enproviand is op handperde gelaai. Indien aanvaar word dat daar 347 weerbare manne op perde was, kan ons aanvaar dat hulle maklik ongeveer 75-100 handperde saamgeneem het – ‘n totaal van ongeveer 425 tot 450 perde.

Indien vyf perde langs mekaar geloop het (ongeveer twaalf meter in breedte) beteken dit dat die kolom vyf en tagtig perde diep sou wees (ongeveer 350-400m). Hierdie afmetings is van waarde wanneer die slagveld ondersoek word.Op 6 April 1838 het die Uys kommando bestaande uit lede van die Uys, Retief en Maritz trekgeselskappe in twee groepe vanaf die Modderlaer vertrek.29 Daar was ‘n merkbare verskil tussen die twee groepe se gemoedstoestande.30 Die een groep was vurig en driftig en lus vir veg, terwyl die ander groep meer bekommerd en bedruk was.

Nà die ontmoeting by Skietdrif is die volle kommando na Danskraal en vandaar na Wasbank op 7 April.31 Op Sondag 8 April is die groep by die Sondagsrivier verby en‘n dag later het hulle Zululand binnegetrek deur die Buffels rivier te kruis by die latere Rorke’s Drift.

Hulle het op hoë grond gebly tot by naby Katazakop, een van die hoogste koppe in die Babanango – Ntonjaneni reeks. Dit is steeds geen uitgemaakte saak of hulle uitgelok is om die spesifieke roete te volg deur kleiner groepies Zulu krygers wat voor hulle uitbeweeg het, of dat daar daadwerklike spioene was wat hulle mislei het.

Wat ons wel met sekerheid weet, is dat hulle na uMgungundlovu op pad was, en dat hulle waarskynlik gemaklike ou voetspoorpaadjies sou gebruik het.



Fig 3: Die roete wat die Strafkommando geneem het in April 1838.

Die berg-af in die omgewing van Kataza

Indien ‘n mens vandag bo-op die kop Kataza staan en afkyk in die Ndlolozo vallei, kan ‘n mens die bopunte van die hutte van Dingaanstat in die deinserige horizon sien. Die teerpad langs die Retief monument is soos ‘n padwyser na uMgungundlovu. In 1838 sou dit heelwaarskynlik nie so deinserig gewees het nie, maar die Trekkers sou ongetwyfeld die rook van die kookvure op hierdie afstand kon sien.

Aangesien ‘n mens nog op ‘n afstand van 6km is, kan die waarnemer geen lewe gewaar nie – dit is net te vêr. Vandag sien ‘n mens nog ‘n paar voetpaaie en umuzi’s,32 maar weinige beweging in die vallei na onder. Volgens de Wet se roete is dit sowat1km af na die voet van die vallei waar die Nzololostroom soms vloei gedurende die reënseisoen. Plantasies op die kruin van die omgewing van Kataza het veroorsaak dat al die water van die Nzololovallei opgedroog het. HC de Wet het gepostuleer dat die kommando by die bergneus oos van Kataza moes afbeweeg het om by die Ndlolozo tekom.33Die bergneus is redelik steil teen ‘n gemiddelde helling van 25%34 wat heel doenbaar is op ‘n perd, maar met waens en osse sou dit nie deug nie. Aangesien die berg redelik klipperig is, sou die pas versigtig en stadig gewees het, en sou dits owat dertig minute geneem het om tot onder tekom. Terwyl hulle afgery het sou hulle die volgende twee koppe goed onderoë kon hou. Die regterkantse (oostelike) kop is effe laer, maar steeds 150m bo die Nzololostroom. Aan die anderkant van die vallei (wes) is ook ‘n redelike prominente kop – sowat 180m bo die stroom. Die hellings is steil op beide die koppe en hulle is sowat 1000m van die bopunt van die vallei aan weerskante van die spruitjie.



Fig 4. Die bergneus waar die Trekkers die berg af is op pad na uMgungundlovu volgens HC de Wet.

Indien HC de Wet korrek was met sy plasing van die gevegs terrein, sou die Trekkers onmiddelik die Zulus gewaar het toe hulle die stroom aan die onderkant bereik het. Dit strook nie met Coetzer se herinneringe want volgens hom het die Trekkers verder in die vallei afbeweeg: ‘De Boeren trekken op hen af, en op ongeveer ‘n duisend treden afstands, doet Uijs het kommando stilstaan.’35 Die kommando was reeds minder as ‘n 1000 meter van de Wet se kop die oomblik toe hulle die stroom onder die bergneus bereik het.

‘n Verdere vraag wat onwillekeurig opkom is of die Trekkers nie ook die Zulus kon sien terwyl hulle op die bergneus afgery het nie? Die afstand is omtrent 70m tussen die twee hellings en enige waarnemer sou beweging of mense kon sien oor die vallei tussen die twee koppe. Weens die topografie van die berg sou dit onmoontlik gewees vir die Zulus om agter die koppe te maneuver aangesien dit te steil is (gradient 0.40), wat beteken dat alle bewegings van die regimente duidelik sigbaar moes gewees het vir die aankomende Voortrekkers.

Volgens WG Nel, wat self op die slag was, se herinneringe36 was daar twee regimente sigbaar: ‘Het ene gedeelte bevond zich op ‘n kale vlak teen het andere op ‘n heuvel.’

Dit moet gelet word dat daar geen vlakte tussen die twee koppe is soos aangedui deur de Wet nie. Hy plaas die wit skilde op die regter kop en die swart skilde op die linker kop.37 Die poort daardeur is sowat 70m breed. Dit is bekend dat Uys die witskilde aangeval het deur op die kop uit te jaag. Om hierdie kop uit te jaag beteken dit dat die perde 480m op ‘n klipperige heuwel teen ‘n gemiddelde helling van 45% moes op-galop, wat ‘n taak van onmoontlikheid is.



Fig 5. Die invalsroete soos beskryf deur Paul Smith is baie meer sin volgegewe die gematige helling. De Wet se bergneus roete was geskep om die burgers te kon plaas by die foutiewe posisie van die slag.



Fig 6. Die area waar die handperde gelaat is. Dit word begrens deur ‘n diep donga aan die suidekant en die Ndlolozo aan die oostekant en was dus redelik veilig. Die kommando het in die rigting van die pyl in die vlakvallei afgekom en is hulle hier sowat 1000m van die witskilde op die koppie.

Die handperde kon voorts duskant die stroom gelaat word wat baie veiliger sou wees. Hierdie posisie word begrens aan die suidekant deur ‘n diep donga wat sekuriteit ook sou vergemaklik het. Uys sou die Ndlolozo hier gekruis het, ‘n entjie bo die klipwal wat later bespreek sal word. Potgieter het aan die westekant van die Ndlolozo stroom beweeg tot by die drif sowat 300m stroomaf, maar het nie self die stroom gekruis nie.

Die slagveld

Sowat vier kilometer van uMgundlovu het Uys en Potgieter ‘n klompie Zulus gewaar waar hulle bo-op Italeni gesit het. Die Trekkers het afbeweeg met die voetpaadjie totdat hulle by die Ndzololo spruit aangekom het, sowat ‘n 1000m van die Italenikoppie wat sowat 60m uitstyg oos van die Ndlolozo. Links van die koppie is ‘n vlakte wat strek tot by die spruit, wat effe na wes geswenk het op die punt.

Aan die oorkant van die Ndlolozo, effe na links, is ‘n droeë spruit wat afkomstig is van nog ‘n klofie wat sy oorsprong in die mThonjaneni hoogtes naby Kataza. Vandag is daar ‘n hele paar diep dongas by die aansluiting wat waarskynlik die oorblyfsels is van diep kuile. Volgens die getuienis van WG Nel was daar ‘n duidelike “Rietspruit” wat afsonderlik was van die “stroom” in sy beskrywing. Die skrywer is van mening dat hierdie oos-westelike sytak van die Ndlolozo die Rietspruit is en dat daar by die samevloeing heelwat riete was in die kuile. Die afloop (helling) in die area is so gering (1 in 50) dat staande water hier geheelen al moontlik was.

Die vlaktetussen die spruit en die koppie is ongeveer 250m wyd en beide die koppie en die vlakte lê aan die anderkant (noord) van die oos-wes lopende Rietspruit.



Fig 7. Italeni koppie waar die witskilde bo-op gesit en wag het en deur Uys se kommando bestorm is. Aangesien die Trekkers eers ‘n ent op teen die Rietspruit kon kruis en tesame met die klipperigheid aan die suidwestelike kant (links op die foto) van die kop, het die Trekkers die kop van die oostekant aangeval. Die helling is van so ’n aard dat dit maklik deur ‘n perd hanteer kon word.



Fig 8. Die vlakte waar Potgieter die regterhoring aangeval het.
Hierdie area sou net met gras bedek gewees het en glad nie so boomryk
soos vandag nie. Die Ndlolozo stroom is aan die linkerkant van die foto.

Uys het beveel om die handperde net daar te laat toe hulle die Zulus gewaar. Hy het sowat 20 manne38 van elke groep gelaat onder bevel van Jacobus Uys met die uitdruklike bevel dat hulle nie aan die geveg moes deelneem nie, behalwe indien hulle aangeval sou word.39

Was die geveg op die stadium werklik onafwendbaar en moes die Trekkers onmiddelik tot aanval oor gaan? Die kommando was net minder as 4km van hulle doelwit, uMgungundlovu. Van hulle posisie sou die Trekkers nie bewus gewees het van die grootte van die mag wat hulle ingewag het, aangesien die Zulus net ‘n klein gedeelte van hul mag gewys het (dieselfde strategie was gevolg by die slag van Gqoklikop)40 – ‘n klompie Zulus wat sit bo op ‘n koppie en moontlik ‘n verdere groep wat sigbaar was op die vlakte. Potgieter het gemaan dat hulle eerder hulle verspieders moes gebruik het om die terrain meer deeglikte bestudeer. Sy raad en oordeel was nie sonder meriete nie, want die Trekkers sou ongetwyfeld ‘n beter idee kon vorm van hulle teëstanders se formasies en stellings, en sou op die versteekte linkerhoring afgekom het, wat hulle sou laatbesef het dat hulle in ‘n gevaarlike lokval gaanloop.

Die kommando was steeds in die posisie om terug te draai in die vlakvallei van waar hulle afgekom het, en kontak met die Zulus vermy het. Hulle was omtrent 1000m van die vyand af, en die Zulus sou nie die berede kommando kon inhaal nie. Potgieter was duidelik van mening dat die terrain nie geskik was om te veg nie, en het verkies om terug te beweeg om ‘n ander roete na die hoofstad te vind en ‘n meer geskikte area vir ‘n perde-aanval te kry.

Maar Uys se persoonlikheid het almal se lot bepaal: Hardkoppig, impulsief en voortvarend. Sy vorige ondervinding met die grensoorloë in die Oos-Kaap het die krygsvermoë van die Zulu geheel en al onderskat. Vegkop en Kapain41 het deur sy gedagtes geflits. Moontlik was daar ‘n mate van arrogansie (“hubris”) in sy besluit. Gevolglik het hy besluit om onmiddelik aanteval saam met ‘n onwillige en teensinigge vennoot.

Die witskilde het bo-op die koppie plasing ingeneem, en die voorste linies van die swartskilde van die regter horing was sigbaar op die vlakte. Uys en Potgieter was onbewus van die Zulu se krygstaktiek wat altyd volgens die “buffelhoring” aangeval het. Die witskilde, wat gesoute krygers was, vorm die skof van die horings, met die veterane agter hulle as reserwes. Daar is meer as genoeg spasie agter die koppie waar die res van die witskilde en lendes kon versteek gewees het. Dan is daar twee regimente aan weerskante van die skof, wat bestaan het uit jong fikse krygers wat swart skilde gedra het. Van hulle moes nog hulle assegaaie in die bloed ‘was’ van hulle vyand. Die totale leër wat in hierdie vier regimente verdeel was, was ongeveer 7000 – 8000 man sterk en is gelei deur Ndlela KaSompisiNtuli, hoof induna van Dingaan. Hy was onder andere bygestaan deur Nzobo, wat sy lewe sou verloor tydens die slag.42

Terwyl Potgieter nog teë gekrabbel het, het Uys hom voor ‘n keuse geplaas: ‘De kaffers43 zijn in twee kommando’s; kies welk gedeelte u wil aanvallen. Dat op de vlakte of dat op de heuvel.’ Volgens W Burger was ‘het ene kommando was aan de overkant van ‘n rivier of loopje (Die Ndlolozo waar hy na wes swenk) en ’tander recht voor hen op ‘n bult.’



Fig 9. Die tradisionele “buffelhoring” aanvalstegniek wat die Zulu’s sedert die tyd van Shaka kaSenzangakhona gebruik het. Die skof was beman deur die witskilde wat gesoute krygers was, terwyl die lende deur ouer en meer ervare krygers gevorm was. Die twee horings het bestaan uit jong fikse krygers van wie sommiges nog nie tevore in gevegte betrokke was nie, en gretig was om hulle self te kon bewys. Met die slag was die meeste krygers versteek agter Italeni koppie en net ‘n klein hoeveelheid Zulus van die witskilde en regterhoring was sigbaar vir die Trekkers.

Ndlelaka Sompisi het sy linkerhoring versteek in ‘n klein vallei aan die noordoostelike kant van Italeni. Sy plan was om hierdie horing vinnig vorentoe te stuur om by die regterhoring aan te sluit agter die Trekkers wat vorentoe beweeg het nadat hulle die witskilde aangeval het en hulle oor die kop kom.

Die oorgrote meerderheid ooggetuienis gebruik die kleiner word vir ‘berg’ naamlik bult of heuwel. Hatting, wat nie self op die slag was nie, beweer daarenteen dat ‘de kaffers zaten tegen de helling van ‘n berg, en om by hen te komen, moest men lelike en steiles loten door, waar maar weinig een dan nog slechte driften waren.’44

Ndlela Ka Sompisi het die hinderlaag perfek opgestel. Hy sou die geveg waarskynlik van die oostekant se heuwels deurgaans kon dophou en bevele gee. Die ongelyke en ruwe terrein het die voordeel van spoed in die perd negeer. Verder was twee derdes van die Zulu mag onsigbaar vir die Trekkers. Sou die Trekkers almal ‘ingetrek’ kon word deur die terugval van die skof (witskilde) van die heuweltop, en daar genoeg kans was vir die horings om toe te maak, sou ontsnap bykans onmoontlik wees. Die gevegsterrein kon met volgehoue druk van weerskante deur die horings so verklein word dat die vuurwapen se grootste voordeel teenoor die assegaai ook negeer kon word – die botsing sou handgemeen geword het, soos wat die Zulus sedert Shaka geveg het. Verder was die krygers beveel om maksimum geraas te maak, met aanhoudende slaan op skilde en skreënde en gillende krygers wat alles in hul vermoë gedoen het om die perde te ontsenu. Die kakofonie en vreesloosheid van die krygers het die perfekte ‘killing ground’ geskep in sig van uMgungundlovu.



Fig 10. Die klipperigheid en helling aan die suidwestelike kant van Italeni het die Trekkers gedwing om meer oos aan te val.



Fig 11. Die roete wat Uys en sy manne geneem het nadat hulle die handperde gelos het. Hulle het deur die Ndlolozo stroom beweeg en om die riete en poele van die Rietspruit gegaan, wat vandag net boombegroeide dongas is.



Fig 12. Die skuinste van die drift op na Italeni.



Fig 13. Laeraf in die Rietspruit sou hier staande water met poele en kuile gewees het wat amper oorgroei was van die riete. Die plantasies bo op die berg het die hele vallei verdroog.

Die geveg – Piet Uys

Uys45 het met sy manne teen die koppie opgegaan en sowat twintig tot vyftig tree van die Zulu witskilde gehalt. Gert Viljoen het die opmerking teenoor Jacobus ‘Grootvoet’ Potgieter gemaak: ‘Ek sê, Neef Koos, wil julle die goed dan met die hande vat?’46 Die sowat honderd manne is in ‘n linie opgestel wat sowat 200m breed was. Die Potgieter groep is op die stadium nie sigbaar van waar hulle was nie en so ook die res van die Zulumag wat oor die nek gesit en wag het.

‘n Zulu Induna (nie Ndlela nie – waarskynlik Nzobo) het opgestaan en sy krygers beveel om aanteval sodra die eerste sarsie gevuur is.47 Uys vra daarop vir Pieter Nel, ‘n skerpskutter, om die Induna te skiet.48 Die res van die manne spring toe van hulle perde af en begin aanval. Een sarsie, twee sarsies en die derde sarsie gelaai met lopers. Dit is vandag onmoontlik om die oënskynlike retirering van die witskilde oor die berg net aan die drie sarsies toe te skryf, aangesien dit waarskynlik takties doelbewus gedoen is om die Trekkers dieper in die omsingelende horings in te trek.

Toe die Zulus omdraai en vlug spring die kommandolede terug op hulle perde en sit die Zulus agterna in alle rigtings. Dit het gelyk asof die Trekkers jag maak op hulle vyand en glad nie meer soos ‘n georkestreerde en gedissiplineerde aanval nie. Hierdie roekelose en holderstebolder agternasit van die vyand het die kohesie van die aanvalsmag verbrokkel. Klein groepies was verspreid oor die kop, die nek en die klofies wat orals in die vallei is. Die Trekkers was volgens WG Nel ‘ïn alle direkties’49 en dood menige van die vyand, maar word ook daadwerklik deur hulle omsingel. Frans Labuschagne wat gewond is deur ‘n assegaai, het van sy perd geval.50 Die Malan broers agtervolg die Zulus ‘naar ‘n plaats tussen twee bosachtige kloven’51 en raak in die moeilikheid.

Piet Uys sien die probleem waarskynlik van bo die kop af, en vra vir sowat vyftien vrywilligers om die Malans te gaan help,52 waar hulle sowat twee honderd en tagtig meter verder noordoos is. Daar is ‘n vlak kloof aan die oostekant met ‘n klipperige hoogtetjie wat hulle moet kruis. Dit was in hierdie einste kloof waar die linker horing aanvanklik versteek was, maar wat op die stadium alreeds mik na die nek om die Trekkers af te sny.

Die Trekkers besef hulle penarie en begin vlug, maar Uys en sy vrywilligers gaan in die teenoorgestelde rigting53 om die Malans te gaan red. Uys en sy vrywilligers kom ongedeerd by die Malans aan by die sameloop van die twee bosagtige klowe. Dit was in dié omgewing waar ‘n versteekte Zulu kryger vir Uys met ‘n assegaai gooi terwyl hy aan sy geweer se vuursteen verstel het. Sommige skrywers, soos Markram, beweer dat Uys by die klipmuur (sien later) in die Nzololostroom gewond is54 wat baie nader aan die handperde is van waar hulle nou werklik was.



Fig 14. Die noordekant van Italeni gesien vanaf die nek.

Die besering

Min vorige navorsers het werklik aandag geskenk aan die wond wat Piet Uys opgedoen het. Daar is ook baie teenstrydighede tussen die ooggetuienis en latere geskiedskrywers van die insident. Vir hierdie skrywer is die wond egter van kardinale belang om te bepaal hoe die geveg verder verloop het. Indien die wond in die dyspier was, kon Piet Uys nog ure geleef het en wel gesterf het waar sy seun, Kruppel Koos Uys, sy beendere sou gevind het by die rooi sloot naby Itala berg.55 Sou die wondegter ‘n groot bloedvat of orgaan raakgesteek het, sou Piet Uys slegs omtrent 8 tot 10 minute kon leef met die rudimentêre behandeling beskikbaar.

‘n Nadere beskouing van die wond is dus nodig. Soos in onderstaande table gesien word, is die meeste getuies eens dat die wond in die linker heup was. Ian Uys en Louis Nel is duidelike ‘n wedersydse vertaling van dieselfde getuie. Dit is net Hatting wat die niere identifiseer. (‘n nier wond sou retroperitoneale bloeding veroorsaak het wat stadiger sou bloei).

NaamVerwysingLigging
WG Nel57Linker heup
Owen dagboek57Thigh
PM Fouche58Heup
PJ Coetzer59Zijn linker been verwond
Gerrit Cornelis Nel  62In die kruis links van die ruggraat
Ian Uys61Small of his back, left of his spine
Louis Nel62Van agter, net bo die saalkap op sy kruis
JH Hatting63“Steek in de Nieren”
M Oosthuizen64Regterheup

Daar is egter nog twee tersaaklike feite wat in gedagte gehou moet word:

  1. Daar was dramatise eksterne bloeding. Dit word eerstens bewys deurdat van die Trekkers gedink het dat Uys se perd gewond was. Willem Nel het ‘n opmerking gemaak aldus Ian Uys:65 ‘Kyk, die Palomina is gewond met ‘n assegaai, kyk al die bloed op sy flank’ Jan Meyer, wat agterop Piet Uys se perd getel is nadat Uys verwond is, se klere was rooi van die bloed van Uys. Volgens JH Steenkamp: ‘Hy, Jan Meyer’s, klederen waren rood geverfde door het bloed van Uys.’66

    Geen wond aan die dy, wat meestal uitspiere bestaan, kon sulke massiewe bloedverlies veroorsaak het op die klere van Jan Meyer nie. Die wond moes agter op Uys se rug gewees het. Die bloedspatsels sou ook nie op sy perd se flank gewees het nie, maar eerder op die perd se buik indien hy op die dyspier verwond was. Aan die anderkant sou ‘n wond aan die lies (groin) geweldige skade aan die grootbloedvate veroorsaak het, maar die bloeding sou na anterior gewees het, en nie na agter waar Jan Meyer gesit het nie.

  2. Daar was massiewe interne bloeding wat veroorsaak was deur een of ander vorm van long of maagbesering. Volgens een ooggetuie, WG Nel, het bloed uit Uys se mond en neus begin stroom. ‘Toen hij bij ons terugkwam, hep ‘t bloed hem bij neus en mond uit…’.67

Indien ‘n mens die aanval rekonstrueer kan mens die ruiter in sy saal sien, effe vorentoe gebuk na regs om sy geweer te verstel, met sy linker nier flank heeltemaal oop. ‘n Zulu kryger is gehurk in die gras, staan op en gooi sy assegaai na bo wat Uys tref in sy milt of niervat. Die momentum van die assegaai veroorsaak penetrasie deur die diafragma en penetreer die basis van sy linker long, of, afhangend van die invalshoek van die assegaai, was dit ook moontlik dat die punt van die assegaai die maag gepenetreer het.

Daar was onmiddelike eksterne bloedverlies toe Uys die assegaai uittrek, maar dit neem ‘n wyle vir die bloed om in sy lugweë of maag te akkumuleer. Die interne bloedverlies is egter nog ernstiger as die eksterne bloeding, en sou nie deur blote drukking gestop kon word nie. Indien ‘n mens spekuleer dat daar heel moontlik twee minute verbygegaan het vandat die steekwond toegedien is, en totdat Uys weer begin aanbeweeg het (Hy moes Jan Meyer ook optel wie se perd gewond was) laat dit nog net ses tot agt minute oor om nog tweekeer flou te word, afteval en gelawe te word met brandewyn, en verder voor te ry. Dit kan ook aangeneem word dat Uys en sy helpers nie veel vinniger as staps poed (miskien effe draf) sou kon behaal nie en dat dit beteken dat die perde teen sowat agt kilometer per uur of tewel net 2.5meter per sekonde kon handhaaf. Dit beteken dat Uys nie veel meer as nege honderd meter kon vorder voordat hy finaal inmekaargesak het nie.

Uys se dood

Nadat daar naasteby kan vasgestel word waar Uys gewond is, moet noukeurige veldwerk die historikus lei tot waar Uys uiteindelik sou sterf. Aangesien daar geen sekerheid is oor waar Uys begrawe is nie, en of hy moontlik geskuif was om saam met sy makkers begrawe te wees, kan ‘n mens nie anders om werk, om vas te stel waar hy sou beseer gewees het nie. Die teenstrydighede van die ooggetuieherinneringe moet versigtig opgeweeg word teenoor die terrain beskouing.

Volgens die skrywer moet Hatting en Odé se skets met groot omsigtigheid bejeën word, aangesien daar geen konteks in die skets is nie. Eerstens was nie een van die skrywers self teenwoordig by die slag nie (Odé of Hatting), en Preller self bevraagteken die akkuraatheid van Hatting se herinneringe.68 Verder word die rigting, skaal of verwysing na Piet Uys nie verduidelik nie - (is hy hier gewond of is hy hier dood?) Wat beteken byvoorbeeld ‘52’, en is dit ‘kliprand’ of ‘klipmuur’? Die ligging van die handperde teenoor die kop en kliprand maak moeilik sin teenoor die terreinbeskouing, en die skrywer is van mening dat die skets van Odé waarskynlik meer ‘n geskribbel is, as wat dit ‘n ware weergawe van die geveg was.

Al wat moontlik van waarde is, is die verskillende elemente van die skets naamlik ‘n kop, ‘n duidelik geologiese formasie wat ‘n kliprand (muur?) genoem word, die handperde wat teen ‘n rivier gehou word, dubbel en enkel strepe wat na verskillende klowe kan verwys en redelik onleesbare notas.



Figuur 15. Hatting en Odé se skets van Italeni.

Die bewegings van Piet Uys en sy groepie vrywilligers kan aangetoon word op die Google Earth foto:
1. Uys volg die Zulus saam met meeste van die manne oor die kop en gewaar die linker horing. Van die manne swenk oos om aan teval, en verdeel in klein ongedissiplineerde groepies wat nou net bloot ‘jag maak’ op die vyand. Die Trekkers besef dat hulle in ‘n lokval gelei is en draai haastig terug in die rigting van die handperde. Uys neem Malan se penarie waar en vra na vrywilligers. Die vyftien manne gaan af van die kop na die twee bosagtigeklowe.
2. Hulle gaan na die kloof, ontset die Malans, en hier word Uys gewond. Hulle vlug aan die oostekant van die lopie tot waar die kliprand uit die kloof ontstaan. ‘Voorons was nu ‘n spruitjie, met ‘n klipbodem dat de paarde moes tenover(s)pringen, en aan de oversijde van genoemde spruitjie was ‘n kliprif, dat opliepn aar ‘n kopje.’69 Hier kan die Trekkers of links of regs om die kop gaan. Die terreinbesoek het getoon dat die perdenie deur die donga by die onderpunt van die kliprand kon deurkom nie, maar dat hulle eerder op die oorkanste rand sou aanbeweeg het. Dit sou hier gewemel het van die Zulus.70



Figuur 16: Bewegings van die Uys kommandolede tydens die aanval.


3. Die noordelike hang van die nek is nou oorspoel van Zulu krygers en die Trekkers word gedwing om ‘n pad oopteskiet om oor die nek te kom. Die Malan broers sterf hier. (Daar was twee grafte gevind teen die hang wat waarskynlik die Malans se grafte is.)
4. Die suidelike hang is net so dig besaai met die vyand en hulle druk die Trekkers weswaarts na die Ndlolozo. Italeni kop is hier baie klipperig en van die perde struikel teen die afdraende en Pieter Nel word gedood.
5. Piet Uys en sy makkers bereik die Rietspruit waar hy weer flou word. Hy gaan oor die spruit maar val dan finaal inmekaar en sterf.

Kom ons beskou die beskrywing van Louis Nel: Uys word oomblikke na hy sy beseringkry, flou, en word gelaaf met brandewyn. Hulle tel hom terug op sy perd en na sowat vyfhonderd tree word Uys weer flou. Hy word weer gelaaf en kom by, net om te sien dat die Malans gedood word. Pieter Nel word ook daarna gedood deur ‘n gewerpte assegaai. Hiernà bereik die groepie mans die Rietspruit waar Dirkie Uys sterf. ‘Aan die oorkant van die spruit het Kommandant Uys weer van sy perd geval, maar toe Jacobus Moolman van sy perd afspring om hom te lawe, sien hy dat die dapper Boere-held dood was.’71

Volgens Schalk Burger72 is Uys baie gou nadat hy vir Jan Meyer opgetel het dood. ‘Niet tever echter, zei Uijs: ‘Los my maar, ek sterf hier.’

Boshoff, in ‘The Annals of Natal’, beaam Schalk Burger se bewering dat Uys gesterf het voordat hy by die Nzololostroom en klipmuur kom. Hy was egter steeds naby aan die Rietspruit, terwyl sy seun Dirk reeds naby die Nzololostroom was. Toe Dirk na agter terug kyk, kon hy sy vader nog duidelik sien, en het dadelik omgedraai en ongeveer ‘n honderd tree teruggeval om by sy vader te sterf.73

Indien Boshoff en Burger se getuienis aanvaar word, en dit saam met die verslag van Louis Nel gelees word, kan mens duidelik rekonstrueer dat hierdie drama tussen die Rietspruit (donga) en die Ndlolozostroom, noord-oos van die klipwal afgespeel het.

Hierdie bevinding maak de Wet se ontdekking van die Uysgrafte geheel-en-al onwaarskynlik. Die plek wat De Wet uitwys as Piet en Dirk Uys se graf is hoog teen die berg in ‘n small klofie waar die sig afstand heeltemaal beperk is. Dirk sou beslis nie meer sy pa kon gesien het na ongeveer twintig tree nie, wat nog vanaf honderd tree. Die kop is hier baie skuins en geen persoon kon hier honderd tree “teruggejaag” het nie. Daar is ook glad nie genoeg spasie sodat soveel Zulu krygers om ‘hom op hulle assegaaie kon dra nie.’74

Die ooggetuienisse (Coetzer, Breytenbach, Burger, Boshoff, Hatting en die Nelle) is dit almal eens dat Uys wel die Rietspruit gekruis het maar nie die Nzololostroom nie.

Latere skrywers soos Ian Uys,75 HC de Wet76 en Hans Bornman77 het egter telkemale aangeteken dat Uys en sy seun oor die Nzololospruit is, en teen die berg op uitgegaan het. Hierdie skrywer kon geen primêre bronne ter bevestiging kry nie en voel dat die afstand te groot is van waar hy beseer is.

Dit is duidelik dat al die ooggetuienisse dieselfde verhaal probeer vertel – elkeen van sy eie belewenis en geheue. Weereens moet dit beklemtoon word dat verskille heeltemaal te verwagte is:

    Human memory is often viewed as static, but in reality, memories of perceptual experiences are not necessarily fixed. As the National Academy of Sciences noted in 2014 in a comprehensive report on eyewitness testimony, memories may become distorted or degraded when they are initially made or when they are later recalled. Memories may also evolve to accommodate new information. In all of these cases, a person may not realize that his or her memories have undergone any changes.78

Die herinneringe van Annie Martens, kleindogter van Philip Nel, soos wat weergegee is aan HC de Wet79 is nie chronologies moontlik gesien teenoor die terrein. Die insidente waarna sy verwys80 het waarskynlik almal gebeur, maar net nie in die volgorde van haar geheue nie.

Die Kliprand

WG Nel maak groot gewag van die sogenaamde kliprand en koppie wat die vlugtendes van mekaar skei: ‘aan de overzijde van genoemde spruit was ‘n kliprif, dat opliep naar ‘n kopje’.81 WG Nel kan oor die algemeen as ‘n fyn waarnemer beskou word, en sy herinneringe is goed gedetailleerd. Sy kleinneef, Louis Nel, waarsku egter dat daar êrens in sy relaas ‘n fout is, maar brei ongelukkig nie daaroor uit nie. Dit is dus van nut om die twee se getuienisse te vergelyk. ‘n Mens kan aanvaar dat oor die punte waaroor hulle saamstem feitelik korrek is, maar oor die aspekte wat daar weglatings of teenstrydighede is, amper gesien kan word as ‘n korreksie van die latere skrywer sonder om die eerste skrywer te repudieer. (Louis het sy herinneringe heelwat later geskryf en gepubliseer).

Louis Nel beskryf niks van die kliprand nie, terwyl WG Nel dit duidelik stel dat daar wel so geologiese formasie is, en dat dit ‘n sentrale rol gespeel het in sy geheue van die slag. Odé se skets (sien bo) toon ook ‘n kliprand en koppie aan. Skrywer is van mening dat daar fout in WG Nel se chronologies volgorde is wat hy weergee, en dat dit oor hierdie rede deur Louis Nel verswyg word. PM Fouche82 het in sy herinneringe ook ‘n duidelike chronologiese fout gemaak toe hy die Zulus wat sit en wag op hulle skilde, beskryf as ‘n incident aan amper die einde van die geveg in plaas van teen die begin van die geveg.

WH Nel laat dit klink asof die insident by die kliprand afspeel nadat Pieter Nel gedood is. Hy koppel die klipperige spruit, kliprif en koppie as een entiteit. Die enigste noemenswaardige kliprif is egter aan die anderkant van Italeni (noordoos) en bevat al drie elemente van WG Nel se skrywe. Met die terrain besoek is dit egter moeilik om vas testel waar die manne oor die spruitjie gegaan het aangesien die bopunt net onder die rand nie werklik toeganklik is vir perde ruiters nie. Die rif is ook redelik vêr van die Ndlolozo stroom, maar sal heeltemaal inpas met die narratief van die slag as die beskrywing hoort VOOR die dood van Pieter Nel in WG Nel se getuienis.

Terwyl die Trekkers dan tydelik geskei is van mekaar deur die rand, vind hewige gevegte plaas terwyl hulle opry na die nek. Volgens die nuut-gevonde grafte is die Malans amper bo by die kruin van die nek gedood, en dit naby moes wees waar Uys vir die tweedekeer flougeval het.
Pieter Nel is dan eers aan die anderkant (suid) van die nek dood waar die vrywilligers verbete terugval na die Rietspruit. Volgens WG Nel en Louis Nel is Piet Uys dood nadat hy die Rietspruit gekruis het en Dirk net duskant van dieselfde spruit.



Fig 17. Nico Harris beduie hierna die twee moontlike voortrekkergrafte wat na-aan die kruin van die nek gevind is, soos beskryf deur WG Nel. Volgens sy getuienis sal dit die grafte van die twee Malan’s wees wat oorspronklik in die moeilikheid was en Piet Uys probeer help het met sy vyftien vrywilligers. Hulle pa is naby die donga saam met die Nel swaers gedood. S28°27’46.9” E 31°15’03.9”



Fig 18. Die kliprand en koppie soos beskryf word deur WG Nel. Let daarop dat die manne nie direk onder die rant kon deurkom nie, maar eerder moes beweeg het volgens die rooipyl op die aangrensende rif.

Die geveg - Hendrik Potgieter

Hendrik Potgieter het ook twintig manne van sy groep afgestaan om te help die waardevolle handperde te bewaak, onder die bevel van Jacobus Uys (Piet Uys se ouer broer). Hulle was uitdruklik aangesê om nie betrokke te raak by die geveg, behalwe indien hulle aangeval sou word nie.83

Die kommando het stadigaan die westekant van die Ndlolozo afbeweeg en elke tuin en slootjie deeglik ondersoek. Hulle uiteindelike doel was die drif noord van die samevloeiing met die Rietspruit. Die aankomende regterhoring was op die vlakte sowat vyfhonderd meter verder in die vallei afsigbaar onder Italeni. Vier wilds- en voetpaadjies het hier bymekaar gekom. Indien daar sowat tien perde langs mekaar kon ry, sou die kolom vyf-en-twintig by vyf-en-veertig meter beteken het, indien almal redelik bymekaar gehou het. Die kommando het by drif gestop en Potgieter het taamlik teensinnig sowat twaalf tot sestien manne vooruit gestuur.84 Hy het hulle beveel om nie van hulle perde af te klim nie en met ‘n wit doek aangedui wanneer om aante val. Sowat twee honderd meter85 voor die Zulu krygers het Potgieter sy doek laat val. Net twaalf skote (party bronne sê sestien) was afgevuur nadat Uys se manne alreeds twee sarsies op ‘n baie nader afstand geskiet het. Anders as die witskilde het die regterhoring van die Zulus aggressief en met ‘n geweldige lawaai afgestorm op die Trekkers.

Gegewe sy posisie kon Potgieter gou die gevaar van die massa aanstormende Zulus sien. Uys se kommando was nie sigbaar aan die oostekant van Italeni nie, en is eers gesien toe hulle oor die kop begin jaag. Potgieter was geensins bewus van die versteekte linker horing wat agter die heuwel versteek was, en op pad was om agter hulle om te beweeg. Zulu krygers het begin stroom oor die westelike hoogtetjie net anderkant die Nzololostroom. Die lae nek waarvan hulle gekom het is sowat twee kilometre terug aan die westekant, maar teen die spoed wat die regterhoring op hulle afgestorm het, sou die pad terug vinnig versper geword het. Potgieter het dadelik terug geval na sy handperde.

Van sy burgers het in die geharwar in die stroombedding gebly en is vinnig vasgekeer deur die klipwal. Met groot moeite is hulle hier deur om aan te sluit by hulle makkers. Piet (Joseph) Kruger, skoonseun van Hendrik Potgieter, was die enigste lid van die Potgieter kommando wat gesneuwel het86 tydens die terugval. Hy het teen uitdruklike bevele van sy perd geklim om te skiet, maar is oorval toe hy weer op sy verbouereerde perd wou klim. Die Potgieter kommando is haastig terug die koppe uit met dieselfde pad waarmee hulle afgekom het. Dit is egter onwaarskynlik dat die Zulus al op hierdie stadium so vêr stroomop gevorder het, wat die lae sterfte gevalle van die Potgieter groep sou verklaar. Na hulle die eerste hoogtetjie bereik het, het hulle terug gedraai om te vuur op die vegtende Zulus, wat nouslaags geraak het met die Uys burgers.87



Fig 19. Die Potgieter aanval en retirering. Potgieter se kommando het gegaan tot by die driffie deur die Ndlolozo. Daarvandaan is 12-16 manne vooruit om op die afstormende Zulus van die regterhoring te skiet maar het onmiddelike teruggeval. Die kommando het gevlug soos aangedui deur die rooipyltjies.

Die Klipwal

Soos voorheen genoem is het van Potgieter se manne in die Ndlolozostroom se klipperige bedding opgejaag, en is hulle voorgedryf deur die Zulus wat al gillende en skreënde nie vêr agter was nie. Pandemonium het geheers. Die perde was erg verbouereerd en die manne het paniekerig begin word. Die stroombedding is vandag dig toegegroei en mens kan aanvaar dat daar in daardie tyd ook redelik bome in die bedding sou wees. Die stroom se walle wissel vandag van vlak en maklike driwwe tot baie hoë walle met loodregte symure, waar geen mens of dier sou kon ontsnap nie. Van hierdie mure is van rots, maar ander plekke lyk die walle soos hardegrond. Die breedte wissel ook geweldig. Daar is ook rotsformasies in die stroombedding wat watervalle in die reën seisoen sou veroorsaak.

De Wet het so ‘n rots muur gekry sowat 250m stroom-op van die koppe wat hy as die posisie van die wit en swart skilde aangedui het. Dit bestaan uit ‘n groot klipbank met ‘n loodregte gleuf in die rots aan die bokant van die bank. Hierdie rotsgleuf van so 2.5meter hoog, verbreed met die werking van water wat aan die weste-kant verder die rots uitkalwe. Aan die anderkant is ‘n breë skuinsrots met loodregte wande aan die suid-oostelikekante. Dit is hierwaar de Wet beweer die Trekkers vasgekeer en gedood is. Hy wys dan ook twee of drie moontlike grafte aan die oostelike helling.

Die probleem met hierdie rotsmuur is dat dit vêr stroom-op is van die gevegsterrein en waar die vyf Voortrekkers grafte gevind is deur Smith en Door. Dit rym ook nie met die vertellinge van die betrokke getuienisse wat onthou dat hulle eers by die rotswal verby is, en daarna vasgekeer was by hoë walle warby hulle nie kon uit nie. Verder is die gleuf wat de Wet reken die perde kon uitklim, te hoog vir enige perd om daardeur te kom – en geen ruiter sal voor die perd kan uitklim, om sodoende sy perd op tekan help nie.88 Volgens de Wet lê Uys se graf nog 850m stroom-op van hierdie rots muur, en is ook veertig meterhoër op in die berg.



Figuur20: Paul Smith by HC de Wet se klipmuur.
Hier is verskeie redes waarom die klipmuur nie die
korrekte muur kan wees, soos gesien in die teks.

Indien mens egter nader gaan aan die bewese slagveld soos hierbo verduidelik, vind mens ook ‘n rotswal wat heeltemaal inpas met die beskrywings van die tyd. Die muur is ook sowat twee meter hoog en geen perd of ruiter sou daaroor kon kom nie. Die walle is op die punt redelik skuins maar kan aan beide kante gemaklik per voet bereik word. Die stroomoppervlakte is sanderig met baie los klippe. By die muur is daar aan die westekant ‘n nou voetpaadjie wat skuins op teen die muur uitgaan. Hier sou ‘n man redelik maklik sy perd kon uitlei om bo die wal uit te kom. Philip Nel en Hans Dons de Lange het juis op hierdie plek hul perde uitgelei.89 Dit is begryplik dat die Uys manne in baie groter gevaar was toe hulle die Ndlolozo bereik aangesien die regterhoring alreeds hier teenwoordig was, en dat die linkerhoring hul teen die stroom vasgedruk het.



Figuur 21. Paul Smith staan teen die klipwal waar die dramatise gebeure
die dag plaasgevind het. Aan die regterkant van die groen boompies is
‘n nou paadjie wat as ontsnaproete gebruik kon word.
S28° 27’46.6” E31° 14’39.0”

Sowat dertig meter bo die klipwal is die walle van die Nzolozostroom baie steil en hoog. Die Zulu krygers het hier drie Trekkers (of vyf, wat Piet Uys insluit, volgens Hatting) vasgekeer en in die omgewing gedood. Die grafte wat hier naby ontdek is deur Walter Door90 is waarskynlik die Trekkers wat hier omgekom het. Verdere navorsing en DNA ontleding sal kan bepaal wie in hierdie grafte rus.

Daar was nege persone van die Uys kommando gedood. Na skatting was daar vyfhonderd tot sewehonderd Zulu gewondes en gesneuweldes wat oor die dongas, vlaktes en spruite besaai gelê het.



Figuur 22: Die foto toon die hoë walle van die Ndlolozostroom hier sowat 50m stroomop van die klipwal



Figuur 23. Paul Smith wys na die beweerde vyf Voortrekker grafte
wat 'n entjie bo die klipmuur gevind is. Hierdie grafte was in 1990
deur die destydse eienaar van die plaas, Walter Door, aan hom gewys
maar was sedertdien verlore tot nou toe.
S28°27'54.7" E31°'14'34.9".

Die vlugroete

Dit blyk dat Potgieter se manne alreeds bo-op die westelike nek was toe Uys se kommandolede nog verbete naby die Rietspruit en Nzololostroom geveg het. Volgens Smith het sommige van die manne die stroom gekruis om aan die westekant ‘n smal paadjie te kry waar hulle een-een agtermekaar moes ry (Fig 24 links op die foto). Die meeste vlugtendes het egter aan die oostekant van die stroom gebly en die spoed van hulle perde gebruik om na veiligheid te kom.
Die Potgieter ontsnap roete was vir die Uys manne geblok en kon hulle nie by hulle handperde kom nie wat nou in die hande van die Zulus geval het.



Fig 24. Die vlugroete van Uys se kommando. Hulle is links om die koppie waar Potgieter regs om gegaan het.

Nasleep

Met die meeste Trekkers nou by die nek is die slag van Italeni verby. Dit was amper Twaalfuur – skaars twee ure sedert hulle die handperde daaronder by die Nzololostroom gekniehalter het. Van bo op die nek het die Trekkers verdwaas na al die liggame wat in die valley lê gekyk. Dapper mense wat in vrees gesterf het. Voortrekkers en Zulus.

Die Trekkers het teruggetrek na die Biggarsberg oor die Buffelsrivier. Hulle het nie gevlug nie, maar hulle het ook nie getalm nie. Klein groepies Zulus het gevolg om te kyk waar hulle sou afsaal. Moontlik was hulle spioene. Moontlik wou die Zulus nog ‘n verder aanval loods. Maar hulle het nie.

Só is die herinneringe van ’n paar van die getuienisse: PJ Coetzer:91 ‘na deze ongelukkige onderneming de Boeren terug na hul laager.’ WG Nel:92 ‘Wij waren seer vermoeid en ons manschappen reden achter elkander in een lijn.’ JH Steenkamp:93 ‘Ongeveer 2000 van den vijand achtervolgde ons aan een eind tot bovem op de rand, toen zy echter zagen dat wy elkander waren keerden zy terug.’ SW Burger:94‘ Uiteindelik achtervolgen nog net ‘n klein klompie Kaffers de mensen.’ En PM Fouche:95 ‘De kaffers zyn niet achter ons aangekomen, maar elf kaffers volgden ons om te sien waar wy de nag sou blyven.’

Koning Dingane het die Trekkers tot digby sy hoofstad laat kom, en toe met hulle deeglik afgereken. Maar dit was teen ‘n geweldige koste wat mannekrag en lewensverlies aan betref. Die Zulu leër sou nog verder verswak word met die slag van Veglaer later die jaar, en hulle het die finale prys betaal op 16 Desember 1838 by die Ncomerivier.

Die volgende dag 12 April, laat die aand, komene de Jager met die slegte nuus by die laers aan. Hy het die enorme afstand op sy perd Tromp, wat reeds bekend was as die vinnigste perd op die trek, gedoen.96 Uitgeput en nog steeds in skok, het hy die nuus aan die Voortrekkers by die laers oorgedra.

Die volgende persone was lede gewees van die sogenaamde vyftien vrywilligers wat saam met Uys gegaan het om die Malans te probeer red.97

Dirkie UysJakobus Landman
Dawid Malan (vader)Jan Landman
Gerrit Cornelis NelJan de Jager
Louis Jacobus NelJan Meyer
Johannes Petrus (Pieter) Nel  Karel Landman
Willem Gabriel NelHans Dons de Lange
Jan MoolmanEne Snyman

Die volgende persone het gesterf tydens die slag van Italeni:
Petrus Lafras (Piet) Uys – Rietspruit. Dirk Cornelius Uys – Rietspruit.
Johannes Petrus Nel (Louis snr se seun). Teen die helling af na die Rietspruit.
Louis Jakobus Nel (Louis snr se seun). By die diep walle stroom-op van die klipwal.
Gerrit Cornelis (Theunis) Nel (Louis snr se skoonseun)98 Saam met Louis Jakobus.
Jakobus Malan (Dawid se seun) – Teen die nek nadat hy by die kliprand verby is.
Johannes Malan (Dawid se seun) – Teen die nek nadat hy by die kliprand verby is.
Dawid Malan snr. Saam met die Nel broers, Louis Jacobus en Gerrit Cornelius.
Frans Labuschagne – Onbekend (Volgens WG Nel het ene Labuschagne tydens die terugval van sy perd gevalen is daar gedood.99
MJ Oosthuizen, daarenteen, beweer dat Labuschange die man was wat Uys se aandag getrek het om te gaan help met die vrywilligers.100
Pieter (Joseph) Kruger (Potgieter kommando) – Naby die Ndlolozo drif.

Dit laat dan die vraag oor die vyf Voortrekker grafte bo die stroom naby die diepwalle.S28?27’54.7” E31?14’34.9”.
Daar is goeie getuienisse vir drie Trekkers wat hier kan lê naamlik Dawid Malan, Louis Jakobus Nel en Gerrit Cornelis Nel. Die skrywer is van mening dat Piet en Dirkie Uys se liggame hierheen verskuif is om saam met hulle makkers begrawe te word.
Net verdere argeologiese navorsing sal die vraag kan beantwoord.

Gevolgtrekking

Die slag van Italeni was ‘n geveg op en om ‘n koppie genaamd Italeni, sowat 2,5km suid van uMgungundlovu. Die betere krygskunde en gebruik van die terrein het vir die Zulu die dag die oorhand gegee teenoor die berede Trekkers. Die versigtiger Hendrik Potgieter verdien eer dat hy sy kommando en hulle besittings meestal gespaar het, en dit sou onverdedigbaar wees om hom as ‘n lafaard te bestempel. Die besering van Piet Uys is nou meer duidelik gegewe moderne mediese kennis. Dat Uys nie kon stil lê na die opdoening van sy wond nie, en die aanhoudende beweging van sy perd sou sy besering se effekte vergerger en versnel het. Uys se hulp om sy kameraad Jan Meyer van ‘n sekere dood te red, ten spyte van die wond wat hy opgedoen het, spreek en getuig van een van die werklike heldedade van die dag.
Die moontlike tydsverloop en potensieële afstand wat hulle sou kon vlug voordat Uys inmekaargesak en gesterf het, maak dit duidelik dat Uys en sy seun Dirkie by die Rietspruit gesterf het, net soos WG en Louis Nel dit onthou het. Die positiewe identifikasie van die slagveld maak dit makliker vir hedendaagse historici om die slag nou ten volle te kan verstaan en die herinneringe van die oud voortrekkers chronologies in te kan pas by die terrein.
Dit is ook duidelik dat die slag skaars twee ure geduur het, en dat daar geen massa agtervolging van die Zulus was tot by Itala berg en die Umhlatusirivier nie.

Bibliografie

Bird, J. (1888). The Annals of Natal - 1495-1845. Pietermaritzburg: P Davis and sons.
Bornman, H. (1980). Een bladzijde uit de gescheidenis van de voortrekkers.WG Nel. Die familie Nel van Nelspruit. Ongepubliseerde Manuskrip.
Burger, S. W. (1922). Herinneringe. In G. Preller, Voortrekkermense IV (pp. 92-97). Kaapstad: 1922.
Coetzer, P. J. (1922). Herinneringe. In G. Preller, Voortrekkermense IV (pp. 40-43). Kaapstad:Nasionale Pers.
Cory, G. E. (1926). The Diary of the Rev. Francis Owen MA. Cape Town: Van Riebeeck Society.
De Wet, H. C. (1955-58). Werkstukke oor die soektog na Italeni. Italeni. Ongepubliseerde manuskrip verkry van Nico Harris.
De Wet, H. C. (1959, Vol 4 No 2). Waar het Piet Uys en sy Seun Dirkie geval? Historia, pp. 75-88.
De Wet, H. C. (1963, September 1). Die grafte van Piet en Dirkie Uys ontdek. Historia, pp. 166-174.
Du T. Spies, F. (1959). GA Odé Sy bydrae tot ons kennis van die Groot Trek. Historia Vol 4 No 2, 119-127.
Fouche, P. M. (1958-1960). Brief gedateer 1896 Zyfergat. In H. C. De Wet, Werkstuk versameling(pp. 73-75). Greytown:Ongepubliseerde manuskript.
Gibson, J. Y. (1911). The story of the Zulus. London: Longmans.
Grobler, J. (2008). Afrikaner en Zoeloeperspektiewe op die slag van Bloedrivier, 16 Desember 1838. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 50(3). Pretoria. Sept 2010.
Haarhoff, G.I. 2018. Forgotten tracks and trails of the escarpment and the Lowveld. Nelspruit: Forgotten Tracks and Trails (Pty) Ltd
Hamman, J. (2022, Sept 20). Blood on Italeni Hill. Retrieved from History’s Walk: https://www.historyswalk.co.za/?p=804
Harris, N. (2022, Julie 13-14). Besoeke aan die Italeni / Nzololo slagveld. (G. Haarhoff, Interviewer)
Harris, W. C. (1852). The wild sports of Southern Africa. London: Henry G Bohn.
Hatting, J. H. (1918). Herinneringe. In G. Preller, Voortrekkermense I (pp. 165-169). Kaapstad: Burgerleeskring.
Hofmeyr, I. (1987). Popularising History: The case of Gustav Preller. University of the Witwatersrand, 1-34.
Kmdt. Petrus Lafras Uys. (2020, 03 01). Retrieved from Geni.com: https://www.geni.com/people/ Kmdt-Petrus-Lafras Piet-Uys/
Laney, C., & F., L. E. (2022, August 30). Eyewitness Testimony and memory biases. Retrieved from NOBA Project: https://nobaproject.com/modules/eyewitness-testimony-and-memory-biases
Markram, W. J. (2001). Die lewe en werk van Petrus Lafras Uys 1979-1838. Stellenbosch: Promotor C Venter.
Nel, F. G. (2020, 02 16). Retrieved from Familie Legkaart: http://familielegkaart.blogspot.com/p/nel.html
Nel, W. G. (1922). Herinneringe. In G. Preller, Voortrekkermense IV (pp. 1-11). Kaapstad: 1925.
Oosthuizen, M. J. (1922). Herinneringe. In G. Preller, Voortrekkermense III (pp. 129-133). Kaapstad: Nasionale Pers.
Owen, F. (1916). The diary of the Rev Francis Owen. Cape Town: van Riebeeck Society.
Prinsloo, J. W. (1968, Maart Vol 13 No 1). Die geskiedenis van die voortrekker Uys familie. Historia, pp. 33-35.
Smith, P. (2022, Julie 13-14). Besoeke aan die Italeni / Nzololo slagveld. (G. Haarhoff, Interviewer)
Spies, F. d. (Vol 33 No 2 1988). Onsekerheid inverband met die gelofte van 1838. Historia, 51-62.
Spies, F. d. (Vol 4 No 2 1959). GA Odé: Sy bydrae tot ons kennis van die Groot Trek.Historia, 119-127.
Steenkamp, J. (1958). Herinneringe uit die De Wet versameling. Greytown: Unpublised manuscripts.
Theal, G. M. (1915). The History of South Africa Vol II. London: George Allen & Unwin LTD.
Uys, I. (1974). Die Uys-geskiedenis 1704-1974. Heidelberg: Published by author.
Uys, I. (June 1979). The Battle of Italeni. Military History Journal, Vol 4 No 5 p1-8.
Van der Walt, J. (2011). Zululand True Stories 1780-1978. Pretoria: Private Press.
Von der Heyde, N. (2013). Field guide to the Battlefields of South Africa. Cape Town: Random House Struik

NOTAS

  1. Dr Gerrit Haarhoff is ‘n mediese praktisyn in Nelspruit. Hy het studeer aan Universiteit Pretoria en sy MBL gedoen by Unisa. Hy het ‘n groot belangstelling in geskiedenis, en sy boek oor die ou wapaaie in die oostelike eskarpement en Laeveld, ‘Forgotten Tracks and Trails’ was goed ontvang in 2018. Hy is van mening dat gesaghebbende geskiedenis alleenlik geskryf kan word deur die gebruik van primêre bronne en deeglikepersoonlike veldwerk.
  2. De Wet, H. C. (1959, Vol 4 No 2). Waar het Piet Uys en sy Seun Dirkie geval? Historia, pp. 75-88. De Wet, H. C. (1963, September 1). Die grafte van Piet en Dirkie Uys ontdek. Historia, pp. 166-174.
  3. Dit is in werklikheid die Ndlolozo stroom.
  4. Ian S Uys: The Battle of Italeni. Military History Journal Vol 4 No 5
  5. WA Markram: Die leweenwerk van Petrus Lafras Uys 1979-1838. Universiteit van Stellenbosch 2001.
  6. Bornman H: Familie Nel van Nelspruit. SA Country Life, Barberton 2004.
  7. Daar is 3 verskillende datums wat aangegee word vir die slag. Volgens Owen in die Annals of Natal het die slag op 11 April plaasgevind (p 358). Ander skrywers soos Markram (p 260) is van mening dat die slag op die 5de dag na hul vertrek op 6 April (maw 10 April) plaasgevind het. Wikipedia beweer die slag was op 9 April. (https://en.wikipedia.org/wiki/Battle_of_Italeni).
  8. Du Toit PS: Huisgenootgedenkuitgawe Desember 1938. Die Slag van Italeni. p 185.
  9. Van der Walt, J. (2011). Zululand True Stories 1780-1978. Pretoria: Private Press. p 36.
  10. N von der Heyde: (2013) Field guide to the Battlefields of South AfricaRandom House Struik p 48.
  11. Hamman, J. (2022, Sept 20). Blood on iTaleni Hill. Retrieved from History's Walk: https://www.historyswalk.co.za/?p=804
  12. Uys Ian: Battle of Italeni SA Military Journal Vol 5 no 4 June 1979.
  13. Johann Hamman: My Name is History, and my Art is War – Blood on iTaleni Hill. www.historyswalk.co.za (Hamman, 2022)
  14. Ian S Uys: The Battle of Italeni. Military History Journal Vol 4 No 5 p7.
  15. EG Jansen: Uit die Voortrekkertyd. Herinneringe van Louis Jacobus Nel p63.
  16. G Preller: Voortrekkermense IV WG Nel p 2.
  17. Tewete WG Nel, PM Fouche, JH Steenkamp en MJ Oosthuizen.
  18. FJ du T Spies: GA Odé – Sy bydrae tot ons kennis van die Groot Trek. Historia 1959 Vol 4 No 2 p. 125.
  19. J Bird: The Annals of Natal. p 410.
  20. Boshof was by die Trekkers tydens sy verlof om vas te stel hoe dit gegaan het met die inboekelinge van die Trekkers. Hy het wel by die Potgieter laer vertoef vir ‘n paar dae en sou ‘n goeie idee gevorm het van die slag.
  21. Owen, F. (1916). The diary of the Rev Francis Owen. Cape Town: van Riebeeck Society.
  22. Hofmeyr, I. (1987). Popularising History: The case of Gustav Preller. University of the Witwatersrand, 1-34.
  23. F J du T Spies: Die stranding van die Volo. ‘n Blik in die aard van mondelingse oorlewering. Historia Vol 10 Nr 4p 287
  24. Isabel Hofmeyr: Popularising History: The case of Gustav Preller p 13
  25. C Laney & E Loftus: Eyewitness testimony and memory biases. Laney, C., & F., L. E. (2022, August 30). Eyewitness Testimony and memory biases. Retrieved from NOBA Project: https://nobaproject.com/modules/eyewitness-testimony-and-memory-biases
  26. (Gabbert, Memon, & Allan, 2003; Paterson & Kemp, 2006; Takarangi, Parker, & Garry, 2006).
  27. https://afriforumuitgewers.co.za/29-julie-1845-voortrekkerdorp-andries-ohrigstad-word-in-die-oos-transvaal-aangele/
  28. https://afriforumuitgewers.co.za/10-julie-1797-voortrekkerleier-petrus-lafras-uys-gebore/
  29. https://blogs.sun.ac.za/dingane/
  30. Volgens Maritz was daar 347 mans, JH Coetzer 260, WG Nel ongeveer 300 en Hatting en Burger skat dit op 400 mans.
  31. Markram, W. J. (2001). Die lewe en werk van Petrus Lafras Uys 1979-1838. Stellenbosch: Promotor C Venter.p 259.
  32. Die vurige Uys groep is deur die Uys familietrek verteenwoordig, terwyl die Retief en Maritz trekgroepe uit ander laers reeds ondervinding van die Zulu se modus operandi gehad het. WJ Markram p 259.
  33. WJ Markram: Die lewe en werk van Petrus Lafras Uys, 1797-1838 p 260.
  34. Umuzi: ‘n paarhutte/huise bymekaar waar eenfamilie bly. Engels: Homestead
  35. De Wet, H. C. (1959, Vol 4 No 2). Waar het Piet Uys en sy Seun Dirkie geval? Historia, pp. 75-88.
  36. Google Earth Elevation Profile
  37. Preller G: Voortrekkermense IV PJ Coetzer p 40.
  38. Preller G: Voortrekkermense IV WG Nel p 8.
  39. De Wet, H. C. (1955-58). Werkstukke oor die soektog na Italeni. Ongepubliseerde manuskrip verkry van Nico Harris.
  40. Preller G: Voortrekkermense I JH Hatting p165.
  41. Volgens JH Steenkamp was dit Uys wat by die perde agtergebly het en was dit Kommandant Jacobus Potgieter wat die Trekkers opgelei het na die berg. Die bewering word egter nie gestaaf deur die ander getuienisse nie.
  42. Paul Smith: Persoonlike mededeling. Aug en Okt 2022.
  43. Slag van eGabeni Nov 1837.
  44. J Hamman: My name is History and my Art is War. Blood on iThaleni hill p5/8
  45. Hierdie huidiglik offensiewe benaming word suiwer in sy historiese konteks gebruik en is direk geneem vanuit kontemporêre geskrifte van die laat 1890’s – 1930’s. Die skrywer vra by voorbaat om verskoning vir enige aanstoot wat dit mag gee.
  46. Preller G: Voortrekkermense I JH Hatting p 165.
  47. Volgens Ian Uys was dit Veldkornet Koos (Grootvoet) Potgieter wat die manne teen die berg opgelei het en Uys het onder blystaan. (Ian Uys: Die Uys Familie p 71). MJ Oosthuizen beweer dat dit Karel Landman was wat die Trekkers teen die berg uitgelei het. (Preller G: Voortrekkermense III p 130).
  48. Uys, I. (June 1979). The Battle of Italeni. Military History Journal, Vol 4 No 5 p1-8.
  49. Die skrywer bevraagteken hierdie herhinnering. Die was juis die doel van die witskilde om te vlug en sodoende die Trekkers in die hinder laag in te lok. Preller G Voortrekkermense IV WG Nel p 5.
  50. Preller G: Voortrekkermense IV WG Nel p 6-7
  51. Preller G: Voortrekkermense IV WG Nel p 6.
  52. Markram WJ: Die lewe en werk van Petrus Lafras Uys 1797-1838 p 263.
  53. Preller G: Voortrekkermense IV WH Nel p 6.
  54. MJ Oosthuizen meen dat Uys vir Labuschagne gaan help het VM III p 131.
  55. Preller G: Voortrekkermense IV WG Nel: p 9
  56. WJ Markram: p 263.
  57. HC De Wet: Die grafte van Piet en Dirkie Uys ontdek. Historia 1963 p 166-169.
  58. Preller G: Voortrekkermense IV WG Nel p 6.
  59. Bird J (1888) Annals from Natal p 357.
  60. Spies: Historia Jun 1960 p 118.
  61. Preller G: Voortrekkermense IV p 43.
  62. Gert Cornelis Nel familielegkaart p 2.
  63. Ian Uys: The battle of Italeni. Military History Journal. P 4/8.
  64. Louis Nel & EG Jansen: Uit die Voortrekker tyd p 69.
  65. Preller G: Voortrekkermense I p 166.
  66. Preller G: Voortrekkermense III p 132.
  67. Ian Uys: The battle of Italeni Military History Journal p5/8
  68. HC De Wet: Historia Jun 1960 p 81
  69. Preller G: Voortrekkermense IV WG Nel p 6. (WG Nel het ook getuig dat Uys in die linker heup gewond was).
  70. Volgens Preller: ‘Die herhinneringe behels oor die algemeen weinig meer dan ‘n reeks swak-gekonstateerde, onsekere feite, wat onderhewig is aan allerhande vergissings en dwalinge, omdat ‘t slegs ‘n herhinnering is aan wat plaabegrijp ‘t vele jare voordat aan de papier toevertrouw werd.’Voortrekkermense I p 104.
  71. Preller G Voortrekkermense IV WG Nel p 7-8.
  72. Skrywer is van mening dat WG Nel hier ‘n chronologiese fout gemaak het. Hy laat dit klink asof die Kliprifinsident plaasgevind het nadat Pieter Nel gedood is aan die suidelike kant van die nek, terwyl dit in werklikheid dit moes voorafgegaan het volgens die terrain ondersoek.
  73. Louis Nel & EG Jansen: Uit die Voortrekker tyd p 69.
  74. Preller G: Voortrekkermense IV Schalk W Burger p 95.
  75. Daar is ook ander weergawes van Dirkie Uys se dood. Die leser word verwys na HC de Wet se navorsing om die ander moontlikhede volgens die Uys tradisies te verkry. Sien ook: Uys, I. (1974). Die Uys geskiedenis 1704-1974. Heidelberg: Published by author. En ook: Prinsloo, J. W. (1968, Maart Vol 13 No 1). Die geskiedenis van die voortrekker Uys familie. Historia, pp 33-35.
  76. HC De Wet: Herinneringe van Philp Nel Historia 1963 p 174
  77. Ian Uys: Die Uys familie pp 73-75
  78. HC De Wet: Historia 1959 p 85
  79. Hans Bornman: Familie Nel van Nelspruit. Ongepubliseerde manuskrip
  80. https://www.youraustinattorney.com/articles-blog-posts/what-factors-can-make-eyewitness-testimony-unreliable/
  81. HC De Wet: Die grafte van Piet en Dirkie Uys ontdek. Historia 1963 p 173.
  82. Annie Martens vertel dat haar oupa en Hans Dons de Lange by Uys was toe hygesterf het, en vervleg dit met die insident waar hulle gesukkel het om die perd oor die klipwal te kry. Sy vertel voorts dat Dirkie al reeds by die berg uit was en vandaar terug gedraai na sy vader. HC de Wet Historia 1963 p174.
  83. WG Nel: Een bladzij de uit de gescheidenis van de voortrekkers. Ongepubliseerde manuskrip wat ooreenstem met sy herinneringe in Voortrekkermense IV van Preller G.
  84. PM Fouche: De Wet werksdokumentversameling Bylaag 6 p 74.
  85. HC de Wet: Historia 1959 p 84.
  86. Coetzer PJ: Voortrekkermense IV p 42.
  87. Coetzer PJ: Voortrekkermense IV p 42. Hierdie afstand klink buitensporig aangesien die reikafstand van die ou voorlaaiers hoogstens 135 meter was. Hulle was akkuraat net tot op 80 meter.
    (https://af.wikipedia.org/wiki/Voorlaaier_(geweer) 8 November 2022
  88. Hatting JH VoortrekkermenseI p 167.Volgens Coetzer was die persoon genaamd le Roux, en SW Burger beweer dat dit ene Bronkhorst was.
  89. Preller G: Voortrekkermense IV PJ Coetzer p 43.
  90. (Vergelyk die herinneringe van Annie Martens oor haar Oupa en Hans Dons de Lange)
  91. HC De Wet: Die Grafte van Piet en Dirkie Uys ontdek. Historia p 174.
  92. Paul Smit: Persoonlike mededeling. Walter Door het vir lank op gedeelte 2 van die plaas "Hij is net Zoo GU 343" (Doornkloof), wat later toepaslik as Rocklands gedoop was, geboer.
  93. Coetzer, P. J. (1922). Herinneringe. In G. Preller, Voortrekkermense IV Kaapstad: Nasionale Pers p 43.
  94. Preller G: Voortrekkermense IV WG Nel p 10.
  95. De Wet HC: Notas aangaande JH Steenkamp se getuinis in sy werkstukke oor Italeni. p 13.
  96. Preller G: Voortrekkermense IV SW Burger p 95.
  97. Fouche PM: Syfergat 1896. Werkstukversameling HC de Wet soos gegee deur Nico Harris p 73.
  98. Gibson: The story of the Zulus. p 64
  99. Nel, F. G. (2020, 02 16). http://familielegkaart.blogspot.com/p/nel.html. Retrieved from FamilieLegkaart: http://familielegkaart.blogspot.com/p/nel.html
  100. Nel, F. G. (2020, 02 16). http://familielegkaart.blogspot.com/p/nel.html. Retrieved from FamilieLegkaart: http://familielegkaart.blogspot.com/p/nel.html.
  101. Preller G: VoortrekkermenseIV WG Nel p 9.
  102. Preller G: Voortrekkermense III MJ Oosthuizen p 131.

    Return to Journal Index OR Society's Home page

    South African Military History Society / scribe@samilitaryhistory.org