In recognition of the Centenary of Afrikaans as an Official Language in May 2025, presentations to SAMHSEC zoomeetings in May 2026 were in Afrikaans.
SAMHSEC meeting 12 May 2026
Malcolm Kinghorn het die ervaringe van ‘n Voorste Lug Beheerder (VLB) tydens ‘n Suid-Afrikaanse valskerm operasie met noue lugsteun tydens die Bosoorlog bespreek. Die VLB het die neutralisasie van ‘n pantser teen-aanval wat die ontrekking van eie magte bedreig het, deur ‘n SALM aanvalsvliegtuig beheer. Hy en sy beskermingselement was onder direkte vyandelike vuur die laaste valskermsoldate wat per helikopter van die doelwit ontruim is.
SAMHSEC Requested the Pleasure of your Company to talk about military history on 27 May 2026
In die eerste sessie, het Anne Samson die Rebelle se 1914 Rebellie bespreek.
Daar was eintlik twee verskillende, maar gekoppelde, rebellies – dié van Maritz en die ander van de Wet en Beyers. Die verskil was dat Maritz met die Duitsers wou saamwerk terwyl die ander wou hê dat die regering na die mense moes luister en nie teen die Duiters oorlog verklaar nie.
C. Louis Leipold, ‘n skooldoktor, en sy verpleegster, Frances Hassall, het gewonde Rebelle in die Noord Transvaal opgespoor, versorg en huis toe geneem. Gedurende die Rebellie was daar drie gevegte met amper dieselfde naam:
• Sandfontein in Duits Suid-Wes Afrika op 26 September 1914
• Zandfontein naby Nylstroom op 8 November 1914
• Zandfontein tussen Schuttesdraai en Senekal naby die Zandrivier op 20 November 1914
Die begin van die Rebellie was soos ‘n ‘piekniek tyd’. Rebelle het nog karre gehad
met potte, panne, ketels, komberse, koffie, suiker, meel en slope vol boerebeskuit,
biltong ens. Die probleem was dat gewere en ammunisie skaars was. De Wet het
nie motors op kommando toegelaat nie want hulle sou in die pad wees. Louis
Botha het motors effektief aangewend. ‘n Historiese-fiksie boek wat motors in die
Rebellie behandel is Nigel Fox se A bullet in the back: the 1914 Afrikaner Rebellion.
Denys Reitz het ook oor die motor se rol geskryf.
SPE Boshoff skryf dat ‘Nuus van die geveg by Mushroom Valley op 12 November tussen Botha en de Wet laat weet dat daar dus g’n sprake van vreedsame skikking meer [was] nie’.
Senekal was ‘n spilpunt van die Rebellie in die OVS. ‘n Deputasie is daarvandaan aan de Wet gestuur om sy mening te bepaal. Daarna sou die mense van Senekal self kon besluit om óf die Rebelle óf die Regering te ondersteun. Diegene wat die Regering ondersteun het is witbande of khakis genoem want hulle het ‘n wit band om die arm gedra.
Gevangenes van die Rebelle moes agter die Rebelle stap totdat hulle by ‘n plaas agtergelaat kon word. Rebel gevangenes is na of Johannesburg se Fort as hulle offisiere was of Kimberley Kamp gestuur. Hulle het gekla dat hulle soos gewone misdadigers behandel is. Na omtrent 15 maande is hulle vrygelaat.
Verskille tussen die ABO en die Rebellie was dat daar in 1914 beter spoorweë en kommunikasie vermoëns, asook motors, beskikbaar was. Albei kante was van die ander se taktiek bewus. Regeringsmagte was goed bewapen [Boshoff, pp207, 209].
Verdere leesstof
Forgotten casualties of the 1914 Rebellion: Zandfontein 8 November 1914 Richard Wadley, Military History Journal, Vol 16 No 4 - December 2014
Rebellie Sketse, SPE Boshoff
My Lewe en Strewe, SG Maritz
Die Rebellie, 1914-1915, GD Scholtz
Bart Nel, J de Melle
Bushveld Doctor, C Louis Leipoldt
Jungle Man, PJ Pretorius
Die opname van Anne se aanbieding is in die webwerf te kry.
In die tweede sessie, het Malcolm Kinghorn die Groenpunt Gedenkmuur te Fort Wynyard, Kaapstad bespreek. Die Gedenkmuur sluit 2 gedenkplate in, met name van 103 krygsgevangenes wat in die Anglo-Boereoorlog krygsgevangenekamp op die aangrensende Groenpunt-meent gesterf het. Die kamp is gestig om oorbevolking by die Simonstad-krygsgevangenekamp te verlig na aankoms van Boere wat met die Slag van Paardeberg gevange geneem is. Na vredesluiting in Mei 1902, is terugkeerende krygsgevangenes van oorsese kampe in die Groenpunt-kamp gehuisves voor hulle na die voormalige Republieke vervoer is.
SAMHSEC meeting 8 June 2026
Alan Mantle is to discuss The Suez Canal 1956: the Crisis, the Invasion, the Aftermath
SAMHSEC Requests the Pleasure of your Company to talk about military history on 29 June 2026
RPC meetings are opportunities to share your knowledge of a military history subject or book with fellow military historians. Presentations should last approximately 15 minutes to allow time for sharing the pleasure of one another’s company. You can do any number of RPC presentations per year. Please contact André at andrecrozier@gmail.com if you want to share your knowledge.
Hidden Histories progress report
https://samilitaryhistory.org/memorial/index.html
The following have been added since newsletter 260 May 2026:
Battle of Centane Monument and Fort Upcher
Heilbron ABW Memorial
Mankazana Post Memorial
Martyrs Monument
Scottish Horse Memorial
Major Charles Herbert Mullins VC, CMG
Captain David Reginald Younger, VC
15-pdr field guns modified for Anti-Aircraft
Fort Harlech, Krugersdorp
Witkop Blockhouse
Pretoria Boys High School War Memorials
Anglo-Boer War British Cemetery Bethlehem
Sons of England (SOE) Memorial, Paterson Park
South African Scottish Memorial, Burgers Park, Pretoria
Thanks to all who have contributed already and call to arms for those whose contributions are yet to come.
SAMHSEC
Chairman: Malcolm Kinghorn culturev@lantic.net
Secretary: Stephen Bowker stephen@stephenbowker.co.za
Speaker coordinator: André Crozier andrecrozier@gmail.com
Scribe: vacant
Field trip coordinator: vacant