deur KMDT. DR. JAN PLOEGER
Volgens dieselfde skrywer, het verskeie faktore volslae sukses verhinder: (1) ongunstige weersomstandighede het die opbou van die luglandingsmagte in die gevegsgebied verhinder, (2) die Duitse magte het daarin geslaag om op verrassende wyse troepesaamtrekkings te bewerkstellig, wat die geallieerde planne laat misluk het, (3) die Britse leërgroepe ten suide van die gevegsgebied was nie sterk genoeg om die vertraagde spoed van die grondoperasies, wat deur weersomstandighede geskep was, uit te voer en om die pad van die opmars uit die suide te verbreed nie. Dit het meegebring dat versterkings nie vinnig genoeg na Arnhem aangevoer kon word nie.
Generaal-majoor R. E. Urquhart, CB, DSO, die toenmalige aanvoerder van die Britse Eerste Luglandingsdivisie, het in Januarie 1945 in sy amptelike verslag oor die slag by Arnhem geskryf:
Die operasie was nie 100 persent geslaag nie en die einde was nie wat ons verwag het nie. Die verlies was swaar, maar die betrokkenes het besef dat die risiko’s wat geneem is, aanvaarbaar was. Almal sou ongetwyfeld in die toekoms bereid wees om, onder soortgelyke omstandigbede, aan nuwe operasie deel te neem.
Alles het Voorspoedig begin...
Op Sondag, 17 September, het die troepe van die Britse
Eerste Luglandingsdivisie, vanaf meer as twintig
lugmagbasisse in Engeland, opgestyg en het die operasie “Market
Garden” begin ontvou. Saam met hulle het die Amerikaanse
lOle Luglandingsdivisie vanuit Engeland, met die omgewing
van Eindhoven as doelwit, die lugreis na Suid-Nederland
aanvaar, terwyl die Amerikaanse 82e Luglandingsdivisie in
die omgewing van Nijmegen sou land. Die Britse lste
Luglandingsdivisie het die Brits-Amerikaanse magte gelei in
die poging om uit die lug die opmarsroete tussen die
Scheldekanaal en die Rijn te verhinder, die beoogde roete van die
grondmagte (Tweede Leër) grotendeels te beset, en die
strategies belangrike brûe by Grave (Maas), Nijmegen
(Waal) en Arnhem (Rijn) te neem. Die geallieerde planne
het egter misluk en dus kon hulle nie die lewensbelangrike
Duitse Ruhrgebied beset of die Duitse troepe in die weste
van Nederland afsny nie. Behalwe dat die uitgerekte
verbindingslyne, die ongedekte flanke en die onverwagte
kwaai teenstand van Duitse kant die uitvoering van die
beplanning belemmer het, het die mislukking van die
blywende verowering van die Rijnbrug, ten suide van Arnhem,
ook ‘n deurslaggewende rol gespeel.
Kaptein J. Groenewoud se optrede
Een van dié wat sy lewe opgeoffer het om hierdie brug
te help verower, was kaptein J. Groenewoud. Uit ‘n aantal
gedeeltelik vergeelde briewe, wat gedurende 1945 tot 1946
deur sy familielede aan wyle reserwe-kolonel F. Looringh
van Beeck (Arnhem, 1895 Hlatukulu, Swaziland, 1970)
gerig is, kan die volgende meegedeel word. J. Groenewoud
is in 1916 in Amsterdam, Nederland, gebore, waar hy
laer- en hoerskoolopleiding ontvang het. Hy het op 1 Februarie
1934 in diens van die Holland-Afrika-skeepvaartmaatskappy
getree en met die skip Meliskerk op 6 Julie 1938 van
Hamburg na Kaapstad vertrek. In 1939 het hy aan die
Universiteit van Kaapstad begin studeer, in 1940 ‘n maand
by die sensuurdiens in die Moederstad gewerk en was van
1 Desember 1940 tot Februarie 1942 ‘n kosteberekeningsklerk
by ‘n firma te Denver, nabyJobannesburg. In Februarie
1942 bet by, as ‘n Nederlandse dienspligtige en ‘n lid van
die ,,Koninklijke Nederlandsche Brigade ‘Prinses Irene’,”
sy bevordering van manskap tot tydelike tweede luitenant
(reserwe) ontvang om, in Engeland, in September 1944 as
tydelike kaptein (reserwe) aangewys te word. Daar het hy
oorgegaan na die Afdeling Besondere Dienste, aangesien hy
gevoel het dat hy op die wyse sy land op die beste kon dien.
Wat hom in hierdie besluit gesterk het, was dat sy vader in
Julie 1940 op see gesneuwel het en sy broer, as gevolg van
sabotasie, in Nederland gevange geneem is.
Wyle Kaptein J.Groenewald, Ridder van die Nederlandse Militêre Willemsorde (MWO).
Majoor J. A. (Tony) Hibbert se verslag
Uit ‘n verslag wat majoor J. A. Hibbert, toentertyd
stafoffisier van die Britse le Valskermbrigade van die Britse le
Luglandingsdivisie, op 26 Augustus 1945 opgestel het, blyk
die volgende: Kaptein Groenewoud was aan die hoofkwartier
van die brigade verbind en het omstreeks 10
September 1944 by die brigade te Grantham, Lincolnshire,
Engeland, aangesluit. Op Sondag, 17 September 1944, het
hy met een van die Britse vliegtuie na Arnhem vertrek en
na ‘n vlug van ruim drie-uur naby die dorpie Heelsum, wes
van Arnhem, geland. Daar het hy, as ‘n gebore Nederlander,
'n aantal landgenote as gidse verkry in verband met
verkenningswerk en kort daarna, saam met die tweede bataljon
van die Britse le Valskermbrigade in die rigting van die
Rijnbrug by Arnhern, vertrek. Die brug is tussen 3 uur en
8 uur n.m. beset. ‘n Brughoof is aan die noordekant van die
brug gevorm, maar Duitse teenstand vanuit die suide was
die dag te sterk en Britse pogings om hulp in die verband
te verleen, het misluk. Die volgende dag is die Britse mag
op die een deel van die brug deur die Duitse verdedigers
omsingel. Aangesien die verbinding met die Britse
hoofkwartier verbreek en hulp gebiedend was, het kaptein
Groenewoud aangebied om deur die Duitse linie te dring
en die berig af te lewer. Hy het, in hierdie poging, slegs
omtrent 300 tree gevorder toe ‘n Duitse masjiengeweer hom
dodelik gewond het. Vanweë steeds sterker wordende Duitse
aanvalle, kon sy maats sy lyk nie in besit kry nie.
In sy skrywe van 19 April 1945 het majoor J. A. Hibbert, RA, verder verklaar:
“Captain Groenewoud displayed the highest degree of courage and self-sacrifice in volunteering for a most dangerous mission and laying down his life to bring aid to his Allied comrades in arms.”
Majoor Hibbert is vyf weke lank deur Nederlanders versteek en het, met hulle hulp, weer met die Britse troepe in aanraking gekom om hierdie verhaal aan hulle en aan wyle kaptein Groenewoud se familielede te kan meedeel.
Kaptein Groenewoud het op 18 September 1945 by Arnhem gesneuwel, en is aanvanklik daar begrawe. In September 1945 is sy stoflike oorskot na die bekende militêe begrafplaas van die Britse le Luglandingsdivisie te Oosterbeek, by Arnhem, oorgebring.
Op voordrag van ‘n Nederlandse generaal-majoor, in sy skrywe van 3 Mei 1945 aan die Nederlandse Minister van Verdediging, is kaptain J. Groenewoud op 27 Julie 1945 tot Ridder van die 4e Klas van die Nederlandse Militêre Willemsorde (MWO), benoem.
Die ordeteken wat na ‘n benoeming uitgereik word en wat vanaf 30 April 1815 dateer, bestaan uit ‘n gelykarmige kruis met, op die arms, die woorde ,,Voor moed, beleid en trouw.” Dit is die hoogste militêre beloning vir uitstaande dade van moed, beleid en trou vir hulle wat op see, op land of in die lug, die Nederlandse vorstehuis en die vaderland dien of gedien het. Die orde, kortliks bekend as die MWO, bestaan uit die volgende klasse: Grootkruis, Kommandeur en Ridders van die 3e en die 4e Klas.
Kaptein J. Groenewoud, MWO, en Oosterbeek
Tussen 1945 en 1969 is vyf-en-twintig georganiseerde
byeenkomste by die Luglandingsmonument te Oosterbeek,
naby Arnhem, gehou. In 1969 is besluit om hierdie gewoonte
af te skaf, maar tog nog elke besoeker in staat te stel om op
sy of haar eie wyse hulde te betuig aan die nagedagtenis van
die 7000 gesneuweldes. Dit was by hierdie laaste
georganiseerde herdenkingsplegtigheid dat generaal-majoor
Urquhart, met verwysing na die byeenkomste in die verlede sy
toespraak met die volgende gedagte afgesluit het:
“The visit is meant to be enjoyed. It has its solemn occasions, when we remember. But do not forget that the chaps who took part in this battle were mostly young, extremely fit, and were in great heart. Those among them who got killed would not wish too many tears to be shed, but rather that they should be remembered for what they were.”
Onder hulle was kaptein J. Groenewoud, ‘n Nederlander van geboorte wat, in die bloei van sy lewe, ‘n nuwe toekoms in ons land gevind het. Hy was een van hulle wat, as ‘n lid van die Koninklike Nederlandse Brigade ,,Prinses Irene”, as een van sy kentekens ‘n oranjekleurige springbok gedra het.
Jare het verbygegaan en in die gedig “We remember” vorm die volgende reëls ‘n passende slot van hierdie beknopte terugblik:
After the war when we came back,
Then came your next of kin,
And just like long abided friends
We met, and took them in.
Time has passed on, but ev’ry year
Around your graves we stay.
In Dutch and English we sing hymns,
And all together pray,
Commemorating in this way,
We’re proud and we are sad.
Oh boys, oh friends, oh gallant men,
We’ll never, never forget.
Return to Journal Index OR Society's Home page
South African Military History Society / scribe@samilitaryhistory.org