Een van die vreemdelingeregimente wat, in diens van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie, gedurende die tweede helfte van die agtiende eeu aan die Kaap vertoef het, was die Switserse regiment De Meuron, 'n militêre eenheid wat sy naam ontleen het aan sy stigter, kapt. Charles-Daniel de Meuron.
Die ontstaan van hierdie regiment huurtroepe gaan terug tot die laat sewentiger jare van die agtiende eeu toe Frankryk en die Nederlandse Republiek, wie se koloniale besit deur Engdand bedreig is, besluit het om hul oorsese besittings gesamentlik teen die steeds groeiende bedreiging te verdedig. As gevolg van hierdie beleid is ooreengekom dat die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie 'n regiment huurtroepe op die been sou bring wat aan die Kaap gestasioneer sou word.
General Charles-Daniel de Meuron
Kapt. Charles-Daniel de Meuron, wat toentertyd in die Switserse garde in Parys diens gedoen het, is met hierdie taak belas. Hierdie Switser, in Franse diens, het reeds roem verwerf toe hy in 1757 en 1753 aan die kant van die Amerikaners teen Engeland geveg het, terwyl daar onder sy voorouers ook 'n aantal uitstaande militêre leiers was.
Van die Switserse regering het De Meuron toestemming ontvang om met die werwingswerksaamhede te begin. As voorwaardes is deur sy opdraggewers o.m. gestel dat elke soldaat minstens vyf voet lank en 'n Protestant moet wees. Ofskoon die aanvanklike mikpunt ten opsigte van die hoeveelbeid huursoldate, 1,100, nie verwesenlik kon word nie, het De Meuron in Julie 1782 oor ongeveer 1,000 man beskik. Sy eie soldy is op 3,000 Nederlandse guldens vasgestel, terwyl die totale soldykoste vir die Oos-Indiese Kompanjie 66,500 guldens per jaar bedra bet. Al die onderoffisiere en soldate van die regiment het hulle tot vyf jaar diens verplig en in Julie het die inskeping in twee skepe, die ,,Fier" en 'n kleiner vaartuig, by die eiland Oleron gevolg.
DIE REIS NA EN DIE VERDLYF AAN DIE KAAP DIE GOEIE HOOP
Die twee skepe, wat deel van 'n Franse oorlogsvloot gevorm het, het as gevolg van stormagtige weersomstandighede eers op 2 September 1782 na die suide vertrek. 'n Deel van die vloot, wat ook uit handelskepe bestaan het, is tydens die eerste gedeelte van die reis deur Engelse skepe gebuit. Daarna het, met uitsondering van sewentien vaartuie, die grootste deel van die Franse vloot weswaarts na die Antille geseil, terwyl eersgenoemde skepe na die Kanariese eilande gevaar het. Daar is die offisiere deur die garnisoen van Santa Cruz gasvry onthaal, die reis is vervolgens voortgesit en op 6 Januarie 1873 het die majestieuse Tafelberg aan die horison verskyn. Die volgende dag het die skepe Tafelbaai binnegeseil. Ten spyte van die feit dat driehonderd siek lede van die regiment ontskeep is, het die regiment onder die speel van Switserse marsmusiek sy feestelike intog in Kaapstad gehou. Hier het die plaaslike bevolking die uniforms van 'n regiment aanskou wat aanvanklik hoofsaaklik rooi sou gewees het, maar as gevolg van die verwagte militêre optrede teen Britse troepe nog in Europa, op grond van hierdie oorweging, in blou verander is.
Die regiment het slegs kort aan die Kaap vertoef aangesien adm. De Suffren, wat in die Ooste opgetree het, versterkings benodig het. Een van die brandpunte van die stryd was die eiland Ceylon en, ingeskeep in die ,,Hermione" en die ,,Fier", het die regiment De Meuron na dié eiland vertrek.
DIE REGIMENT SE VERBLYF OP CEYLON. TERUG NA DIE KAAP.
Op Ceylon het die Switsers die Engelse by Trincomale verslaan, daarna, onder Suffren, die Britse admiraal sir Edward Hugg agtervolg, slag gelewer en vervolgens weer aan die Kaap die Goeie Hoop verskyn.
Aangesien kol. Charles-Daniel de Meuron van plan was om na Europa terug te keer, is die bevel oor die regiment deur hom aan sy broer lt.-kol. Pierre-Frédéric oorgedra. Hy sou gedurende die volgende twee-en-dertig jaar as bevelvoerder aan die regiment verbind bly. Die tweede verblyf van die regiment aan die Kaap was nie sonder voorvalle nie. In die skets wat van die band van Dorette Berthoud under die titel ,,Le Regiment Meuron" in die tydskrif ,,Versailles. Revue des societés des amis de Versailles" (Parys, nr. 14, 1962) verskyn en waaraan hierdie besonderhede ontleen is, word melding gemaak van duelle tussen Switserse offisiere en offisiere van die Franse garnisoen aan die Kaap, terwyl 'n aantal lede van die regiment De Meuron tydens hul verblyf aan die Kaap gedros het.
Kol. Pierre-Frédéric de Meuron
TERUG NA DIE OOSTE
Inskeping van die regiment na Ceylon het gevolg en in 1791 het die regiment aan 'n strafekspedisie teen die koning van Kandi deelgeneem om vervolgens, sonder sukses, in 1795 aan die verdediging van die eiland teen die aanvallende Engelse troepe deel te neem. In 1792 is die regiment reeds verswak deurdat 'n kompanie onder kapt. Gigaud van Ceylon na Batavia vertrek het om daar diens te doen, maar die oorblywende Switsers het hulle op verskillende plekke op Ceylon goed van hul taak gekwyt totdat die Nederlandse kapitulasie in 1795 gevolg het.
DIE REGIMENT IN ENGELSE DIENS
Terwyl die stryd up Ceylon nog gewoed het, het 'n Britse afgesant, kol. Hugh Cleghorn, met genl. Charles-Daniel de Meuron in Switserlaud onderhandel oor die toekoms van die regiment en op 30 Maart 1795 het die ondertekening van die voorlopige oorgawe van die Switserse huur-troepe, wat op Ceylon nog in gevegte gewikkel was, in Neuchatel gevolg. Vervolgens is genl. De Meuron, saam met kol. Cleghorn en sy adjutant kapt. Bolle oor land na Venesië, vandaar met 'n skip na Alexandrie, oor land na Suez en vervolgens met 'n Britse skip na Madras. Vervolgens is kapt. Agnew na Ceylon om die nuwe Britse aansprake te laat geld. In Colombo het die Nederlandse goewerneur en maj. Campbell 'n ooreenkoms onderteken waarvolgens die regiment De Meuron in Britse diens oorgegaan het. Vervolgens het verskillende verwikkelinge gevolg, die regiment het aan die verowering van Mysore deelgeneem onder genl. George Harris, 'n aandeel gehad in die insluiting van Seringapatam, die setelplaas van sultan Tippoo, en die oorgawe van dié sultan op 4 Mei 1799 aanskou.
Tydens die Maratte-opstand het die regiment onder bevel van genl.-maj. Wellesley, die latere hertog van Wellington, gestaan om in 1806 na Engeland terug te keer. Daarna is die Switsers na Gibraltar en vervolgens na Sisilié om in 1812, nog in Britse diens, onder bevel van genl.-maj. Brisbane na Kanada te vertrek waar hulle aan verskillende gevegte teen die Amerikaners deelgeneem het.
Die geskiedenis van die regiment het in 1816 ten einde geloop. Sommige oud-gediendes het besluit om in Kanada te bly. Terwyl plasies aan hulle toegeken is, het ander in Kanadese militêre diens oorgegaan, terwyl driehonderd besluit het om na hul geboorteland terug te keer.
Op dié wyse het die geskiedenis van 'n Switserse huurregiment, wat tydens sy bestaan twee keer aan die Kaap verskyn het, eers in hoofsaaklik blou uniforms in Nederlandse en vervolgens in die bekende rooi uniforms, in Britse diens opgetree en sy opwagting in vier wêrelddele gemaak het, ten einde geloop.
Return to Journal Index OR Society's Home page
South African Military History Society / scribe@samilitaryhistory.org