Deur KMDT. JAN PLOEGER, MA, M.Ed, D Phil
Sommige van hierdie monumente sal meer tot die een as tot die ander spreek, terwyl in ander gevalle die loop van die geskiedenis só verander het dat dit in die lig van latere gebeure vandag anders gesien word as ten tye van die outhulling. Dan is daar ander wat, ookal omdat hulle betreklik onlangs tot stand gekom bet, in 'n duideliker taal tot ons spreek. Dan is daar monumente wat aan die harde werklikheid herinner, terwyl ander deur 'n gedeeltelik romantiese waas omhul is.
Om hierdie monumente na waarde te kan skat, moet daar teruggegaan word na die verlede van 'n volk.
Terwyl ons dit aan u oorlaat om ons eie monumenteskat en gedenktekens aan hierdie maatstawwe te toets, het ons 'n paar voorbeelde uit die geskiedenis van ander lande gekies om dit toe te lig.
Allereers het ons gedink aan die bekende Niederwaldgedenkteken in Wes-Duitsland en verder aan 'n tweetal monumente wat aan groot gebeurtenisse tydens die Tweede Wereldoorlog herinner, t.w. die gedenkteken van Bastenaken en die luglandingsmonument by Oosterbeek.
Die Niederwaldgedenkteken
Sowel in die hede as in die verlede van Wes-Europa neem die Ryn, vandag een van die belangrikste waterweë van Duitsland en terselfdertyd 'n ware trekpleister vir die toeris, die liefhebber van die verlede en die bewonderaar van die landskap, 'n belangrike plek in. Ou stede, bouvalle van kastele, wat aan uiteenlopende menslike bedrywighede herinner, wissel af met natuurmonumente soos die bekende Lorelei. Die Muisetoring by Bingen wek die verbeelding op, terwyl die standbeeld van Gutenberg, in Mainz, aan die verstrekkende invloed van hierdie uitvinder van die boekdrukkuns herinner. Dan is daar katedrale sons die van Worms en Spiers.
Duitse digters het die Ryn besing en met betrekking tot Duitsland se posisie ten opsigte van sy westelike buurman Frankryk is, in stormagtige tye, die Ryn dikwels as 'n strategies belangrike grens beskou, net soos die Romeine in die ver verlede dieselfde rivier 'n tydlank as 'n deel van die noordgrens van hul toenmalige, uitgestrekte ryk beskou het.
In die bekende Niederwaldmonument, naby Ruidesheim, die bekende dorpie teennor die saamvloeiing van die Nahe en die Ryn, oorkant die reeds genoemde Bingen, is 'n mengsel van idealisme, werklikheidsin en romantiek verstrengel.
Die Niederwaldgedenkteken
(Foto met vergunning van In-Bild)
Die ,,Niederwald" is 'n uitgestrekte boswereld wat in die verlede deur die grawe van Ostein aangekoop en verfraai is en wat in die vroeë sewentiger jare van die vorige eeu tydens die militêre kragmeting tussen Duitsland en Frankryk (1870-1871), in die middelpunt van belangstelling gekom het. Duitse soldate het oor die brug by Bingen na Frankryk getrek en deurdat die verloop van die oorlog duidelik bewys het dat die Ryn nou nie meer 'n grensrivier ten opsigte van Frankryk was nie, het die gedagte ontstaan om, êrens aan die Ryn, 'n monument, 'n nasionale gedenkteken, op te rig om o.m. hierdie feit te verewig.
In 1871 is hierdie voorneme aan die bekende Duitse staatsman Bismarck kenbaar gemaak. Hy het, as die boumeester van die nuwe, kragtige Duitse eenheid, sy goedkeuring aan hierdie plan geheg en in 1872 is 'n prysvraag uitgeskrywe om passende ontwerpe te verkry. As rigtinggewende gedagtes is vermeld dat die beoogde gedenkteken die Duitse oorwinning oor Frankryk moet vertolk en dat dit terselfdertyd die krag en eenheid van die jong Duitse keiserryk moet uitbeeld.
Dit is merkwaardig dat, met die twee gebeurtenisse nog vars in die geheue, kunstenaars dit aanvanklik onmoontlik gevind het om aan hierdie voorwaardes te voldoen, maar uiteindelik het die Duitse beeldhouer Johannes Schilling daarin geslaag om aan die doelstellings en eise van die kommissie te beantwoord. Schilling het reeds bekendheid verwerf deur sy Luthergedenkteken in Worms en sou later naam maak met sy standbeeld ter nagedagtenis aan keiser Maximiliaan van Meksiko (Triëst) en die Wilhelmmonument (Wiesbaden). Vandag geniet sy skepping aan die Ryn, die Niederwaldgedenkteken, ongetwyfeld die meeste bekendheid.
Teen die golwende hange van die berge, aan die grens van die Niederwaldbos het 'n monument verrys wat, saam met sy voetstuk, ongeveer 120 voet hoog is, in totaal 70,000 pond weeg en ten tye van sy vervaardiging ongeveer RlOO,000 gekos het.
Al die beeldhouwerk is deur Schilling uitgevoer, terwyl die boukonstruktiewe gedeelte deur die argitek Carl Weisbach uitgevoer is. Die hoeksteen van die gedenkteken is in 1877 gele, terwyl die inwyding in 1883 gevolg het.
Wat die hedendaagse besoeker tot vandag toe ongetwyfeld die meeste tref, is die Germaniabeeld van ongeveer 40 voet hoogte wat die eintlike monument bekroon.
Germania, die verpersoonliking van die toenmalige Duitsland, verrys met die swaard in die een hand en die Duitse keiserskroon in die ander; Germania wat herinner aan die Duitse legendes en romantiek, maar terselfdertyd ook aan die daadkrag van 'n jong keiserryk van omstreeks 1870.
Dan trek die keiserkroon ons aandag. Simbolies kroon Germania, m.a.w. die Duitse volksgees, die eerste keiser van 'n herstelde keiserryk, maar in werklikheid is hierdie keiser nooit gekroon nie en bygevolg kan hoogstens die gedagte uitgespreek word dat die oorwinnende veldheer sy keiserskroon, weer simbolies gesien, uit die hande van seëvierende leërskare ontvang het wat - na die veldtog teen Frankryk - oor die Rynbrug by Bingen na die vaderland teruggekeer het.
Op die hoë voetstuk van die bejubelde standbeeld pryk die trotse woorde: ,,Zum Andenken an die einmütige, siegreiche Ehrebung des Deutschen Volkes und die Wiederaufrichtung des Deutchen Reiches 1870-1871" wat vry vertaal-beteken dat die gedenkteken herinnee aan die glorieryke verheffing van die Duitse volk en die herrysing van die Duitse keiserryk uit die dae van weleer. Hierdie trotse opskrif moet in samehang met die groot hoekbeelde gesien word wat onderskeidelik die oorlog (die basuin) en die vrede voorstel, teewyl die Duitse adelaar die sentrale paneel bekroon.
Hierdie paneel, met 'n lengte van ruim 30 en 'n beeedte van byna 9 voet, stel ongeveer 200 persone voor wat lewensgroot uitgebeeld is. Die alles beheersende figuur is keiser Wilhelm I (te perd), terwyl links van hom die kroonprins (die latere keiser Friedrich III) staan wat die hand gee aan 'n tweetal Beierse generaals, t.w. Genl. Von der Tann en Genl. Von Hartmann. Deur hierdie gebaar is die samewerking en verbroedering tussen Noord- en Suid-Duitsland uitgebeeld. Regs van die keiser staan Bismaeck, Veldmaarskalk Von Moltke, Genl. Von Roon en prins Friedrich-Karl. Soldate wat verskillende eenhede van die toenmalige Duitse weermag verteenwoordig, vorm die agtergrond van die reusagtige groep.
Op die bronsreliëfplate aan die sykante van die monument kom groepe voor wat die vertrek en terugkeer van die soldate voorstel, terwyl onder die sentrale paneel die woorde van die bekende ,,Die Wacht am Rhein" (die wag aan die Ryn) staan.
Op hierdie onderwerp, die bewaking van die Ryn, het ook die onderste tafreel betrekking waar Vader Ryn die waghoring aan die Moesel oorhandig en daarmee te kenne gee dat die bewaking van die Ryn in die weste nou die taak van die verpersoonliking van die Moselrivier is.
Simboliek, romantiek en werklikheidsin kenmeek die Niederwaldgedenkteken wat in die verlede sterk tot die verbeelding en die nasionale trots van die Duitse volk gespreek het.
Vandag beklemtoon meer as een skeywee die gedagte dat die monument 'n deel van die Rynromantiek geword het. Die Ryn is 'n internasionale rivier, die verhouding tussen Duitsland en Frankryk het verander en die Ryn is nie meer die grensrivier van weleer nie . .
Op Sondag 17 September 1944 het groot skaduwees oor die heuwelagtige landstreek noord van die Ryn en wes van die Nederlandse stad Arnhem oor die sonbestraalde aarde geval. Uit die lug het ontelbaar valskerm en sweefvliegtuie begin daal. Die luglandingstroepe van Genl. Urquhart het aangesweef gekom en betreklik kort daarna het 'n taakmag van 8,000 soldate, voorsien van voertuie en geskut, deur die dorpie Oosterbeek ppgeruk om die belangrike Rynbrug by Arnhem te verower. Aanvanklik is die poging van die aanvallers met sukses bekroon. Die Duitse verdedigers het teruggekeer en die aanvallers begin bestook. Hulp het vir die aanvallers nie opgedaag nie en die begeerde Rynbrug is nie deur hulle oormeester nie. Tien dae het hulle, wat uit die lug aangekom het, standgehou. Hul posisie het haglik geword en ongeveer tweeduisend het, met agterlating van hul gesneuwelde, gewonde of in krygsgevangeskap verkerende strydmakkers aan die wurggroep ontkom en daarin geslaag om deur en oor die waters van die Ryn weer na die hoofmag terug te keer.
Die Luglandinggedenkteken by Oosterbeek, naby Arnhem
(Foto met vergunning van Truin-Foto's, Arnhem)
Die slag om Arnhem het tot die verlede behoort, maar hul heldhaftige optrede het in die herinnering gebly van hulle wat in Mei 1945 die vrybeid herkry het. Hulle het besluit om 'n monument op te rig waarin die simboliek van die stryd weerspieël sou word. Op 'n tweetal panele, wat op die foto sigbaar is, is die vrouens van Oosterbeek afgebeeld wat die gewondes versorg het, terwyl valskerm-troepe op 'n ander paneel voorkom.
Bo, hoog verhewe op die suil, verrys die vryheidsbeeld omring deur burgers en soldate wat die vryheid ondersteun.
Op 25 September 1945 bet Genl. Urquhart die eerste steen van die monument gelê wat op 17 September 1946 deur die toenmalige koningin Wilhelmina onthul is.
In sy week ,,Arnhem" het Genl. R. E. Urquhart beskrywe hoe, in die gelyknamige slag 9,000 soldate geland en slegs 2,000 teruggekeer het. Hulle het op 17 September 1944 van 22 Britse lugbasisse vertrek om aan die grootste luglandingsoperasie van die Tweede W&ecicr;reldoorlog deel te neem. Meer as 3,000 Britse en Poolse lede van die Ie Britse luglandingsdivisie het gewond in Nederlandse hospitale agtergebly, meer as 1,220 het gesneuwel teewyl meer as 3,400 Duitse soldate gewond of gedood is. Dit was die slag om Arnhem, die operasie ,,Market Garden", die agtergrond tot die oprigting van 'n waarlik indrukwekkende oorlogsmonument in die omgewing van Arnhem . .
Die meedoënlose stryd in Europa het voortgeduur. Teen die einde van 1944 was die grootste deel van Frankryk en België en die suide van Nederland in besit van hulle wat, in die omgewing van Arnhem, op verbete weerstand gestuit en groot verliese gely het. Terwyl ook aan die oostekant die druk op die Duitse ryk aanhoudend toegeneem het, is van Duitse kant planne beraam om die steeds toenemende druk in die weste te verlig. Helmuth Günther Dahms het in sy werk ,,Der zweite Weltkrieg" (Tübingen, 1960) oor die offensief geskrywe wat deur Hitler en Genl. Jodl uitgewerk is en 'n gedeeltelike herhaling was van die veldtogplan van 1940 wat in laasgenoemde jaar tot verrassende resultate gelei het. Nou, teen die einde van 1944, was die onmiddellike doel om die belangrike aanvoerbasis Antwerpen aan die Geallieërdes te ontruk en om 'n pantseraanslag van stapel te stuur om hulle, soos in 1940, tot die Kanaalkus terug te slinger.
Die Mardassonmonument, Bastenaken.
(Foto met vergunning van Belgisch Instituut voor Voorlichting en Documentatie)
Eenstemmigheid was daar in Duitse militêre kringe nie oor hierdie plan nie. Dahms verklaar dat sowel Veldmaarskalk Von Rundstedt as sy kollega Veldmaarskalk Model, aan wie die planne voorgelê is, aan die welslae van die onderneming getwyfel het. In beginsel was hulle weliswaar nie teen 'n offensief nie, maar hulle het die afstand wat die Ardennegebied van die hawestad Antwerpen geskei het as gevolg van die sterk verminderde Duitse militêre slaankrag as te groot beskou. Ook het hulle die ongunstige weersomstandighede nie buite rekening gelaat nie, terwyl hulle nok rekenskap gehou het met die vyandelike oormag in die lug.
Die Duitse offensief is geloods en in Genl. Eisenhower se werk ,,Crusade in Europe" kan o.m. gelees word dat laasgenoemde op 16 Desember 1944 die eerste berigte ontvang het dat klein Duitse aanvalle in die omgewing van Mondschau waargeneem is en die Duitsers vordering gemaak het. Dit was die begin van die slag om die Ardenne, 'n Duitse offensief wat die Amerikaners, ook wat die krag van die aanval betref, verras het. Dit sou tot 18 Januarie 1945 duur voordat die Geallieërdes hul aanvanklike frontlyn in die suide weer beset het.
Die aanvaller se verliese is op 90,000 geskat, die Geallieëdes het ongeveer 77,000 man verloor, terwyl hulle 700 tenks en geskut ontbeer het. Volgens Amerikaanse berekeninge sou die Duitsers ongeveer 600 tenks en geskut 1,600 vliegtuie en 6,000 voertuie verloor het. Hierdie onvolledige syfers is voldoende om die betekenis van die krygsverrigtings in die Ardenne te besef.
By die dorpie Bastenaken (Bastogne) verrys die Mardassongedenkteken ter herinnering aan duisende Amerikaanse soldate wat tydens die Ardenne-offensief gesneuwel het, terwyl in die dorpie 'n Amerikaanse tenk opgestel is wat aandui hoever die Duitse offensief gevorder het, voordat die krygskanse gekeer het.
Die Pattontenk, Bastenaken.
(Foto met vergunning van Belgisch Instituut voor Voorlichting en Documentatie)
Return to Journal Index OR Society's Home page
South African Military History Society / scribe@samilitaryhistory.org