The South African
Military History Society

Die Suid-Afrikaanse Krygshistoriese Vereniging



Military History Journal
Vol 18 No 2 - June 2018

SAMIVA UNVEILS A NEW MEMORIAL AND MUSEUM - Colesberg

By Pieter Liebenberg, SAMIVA National Chairman

A new military heritage memorial and museum have been opened on a farm outside Colesberg in the Free State. SAMIVA (Suid-Afrikaanse Militêre Inligtings Veterane-Assosiasie - South African Military Intelligence Veterans Association) was formed on 12 April 2014 to provide a cultural home for all military intelligence veterans. Their main aim is to provide support to veterans in need and, since its establishment, the Association has run several projects to make a difference. The memorial and its associated museum are located at Van Zylsvlei, a picturesque guesthouse tkm outside Colesberg on the way to Phillipolis, owned by the Secretary of SAMIVA, Deon Dohne and his wife, Annalie.

SAMIVA is gestig op 12 April 2014 met die doel om 'n tuiste (formeel) vir alle Suid-Afrikaanse Militêre Inligtings Veterane te skep, iets wat tot op daardie stadium nie bestaan het nie. Heelwat projekte, hoofsaaklik om veterane in nood by te staan, is oor die afgelope tydperk geloods en daar is 'n verskil gemaak.

Die idee om Colesberg as die kulturele hoofkwartiere te vestig het bestaan gekry omdat Colesberg sentraal gelee in die Republiek is en omdat die omgewing tereg 'n ryke militere geskiedenis het. Die belangrikste rede egter is sekerlik die feit dat Van Zylsvlei Gasteplaas (7km buite Colesberg op die Phillipolis pas) aan ons Sekretaris, Mnr Deon Dohne en sy vrou Annalie behoort. Deon het goedgunstiglik aangebied dat SAM IV A 'n tuiste kan he op Van Zylsvlei.

Die museum idee kom ook van Deon. Daar is so 'n groot aantal 'skatte' wat ons lede het, en eerder dat die items tot niet gaan of êrens in 'n koffer in 'n garage Iê, het Deon voorgestel dat ons die items uitstal. Hy het die museum gebou uit eie fondse laat oprig en is tans besig om dit in te rig met vertoonkaste ens.

Van die items wat gaan vertoon word is onder andere, SAW,SWAGM, Kubaanse), FAPLA en Oos-Duitse uniforms wat dateer uit die Bosoorlog, as ook die Drag Nr 1 B van die eerste bevelvoerder van die SA Inligtingskool (Kimberley), Genl Maj Chris van Zyl. Baie ander interessanthede sal ook uitgestal word.

Die Gedenknaald is ter ere van Suid-Afrikaanse Militêre Inligtings Funksionarisse wat die hoogste prys betaal het. Internasionale Militêre Inligtingsdag, wat jaarliks op 1 Februarie gevier word, sal in die toekoms deur SAMIVA op Van Zylsvlei gevier word. Dus sal die nagedagtenis van ons gestorwe makkers jaarliks by die gedenknaald eervol onthou word. Vir verdere inligting, skakel Pieter Liebenberg (TeL: 0794876726 of e-pos: liebfox.gmail.com).


Return to Journal Index OR Society's Home page

South African Military History Society / scribe@samilitaryhistory.org