South African Military History Society

October 1980 NEWSLETTER

Laaste vergadering: Johannesburg

"Die stryd aan die Grens deur die oë van die Gewone Manskap" - Kmdt C.M. Bakkes Vier-en-twintig lede en vriende het die jaarlikse praatjie in Afrikaans op 4 September bygewoon en aandagtig na Kmdt. Bakkes geluister. Sowat drie jaar gelede was hy een van 100 offisiere wat kamp toe bevel is om te ontdek dat hierdie geensins 'n gewone kamp sou wees nie - hulle moes almal hulle range (tydelik) neerlê en as gewone manskappe grensdiens gaan lewer. Ouderdom het gewissel van 18 tot 58 jaar en onder hulle was dokters, ingenieurs, rekenmeesters, prokureurs, plaasboere en Staandemag-offisiere - dit alles het niks getel nie heel eerste besoek was aan die haarkapper waar "haarstyle van 1977 na die van 1937 verplaas is". Kmdt. Bakkes het homself na baie jare van lesings hou, weer in die klas gevind - en onder die instrukteurs was manne vir wie hy tien of meer jare voorheen klas gehou het.

Soos alle nuwelinge het hierdie groepie swaar gely veral in die eerste paar weke toe hulle nog nie fiks was nie - hulle moes o.a. 4,2km in elf minute kon aflê. Elke oggend, na liggaamsoefeninge en 'n haastige ontbyt, is daar lesings en elke middag praktiese oefeninge van die oggend se lesse. Partymaal het die aande ook nagemaakte aanvalle en lokvalle ingehou sowel as wagbeurte staan, aangesien terroriste veral in goeie maanlig rond beweeg. Die onplesierighede wat saamgaan met disentrie het hulle ook nie laat staan nie - eerder laat hardloop! Vrydae is daar vorderingstoetse geskryf.

Daar was natuurlik 'n paar ongelukke - gebreekte bene ens, en van die manne moes huis toe gestuur word, maar die meerderheid het hulle opleiding goed deurgekom, waarna hulle na 'n seksie van die operasionele gebied gestuur is om order te handhaaf. Net toe hulle begin bietjie onverskillig raak en glo daar is geen terroriste in die gebied nie, (die Polisie het al vir 3 maande gesit en wag op niks nie) is 'n Hippo waarop Kmdt. Bakkes gery het, in 'n landmynontploffing opgeblaas. Een soldaat wat nie sy sitplekgordel vasgegespe het nie, moes per helikopter hospitaal toe geneem word maar die ander het meer skok as beserings opgedoen. Die opvolgoperasie het drie terroriste daardie aand gedood en minstens nog een gewond. Hierdie kompanie het nog driemaal daarna insidente gehad en miskien veel meer opwinding as die gemiddelde grenskompanie beleef. Alhoewel niemand gedood is deur die oorlog nie het 'n 53-jarige skoolhoof die dag voordat hulle sou vertrek 'n hartaanval opgedoen en is in 'n bedenklike toestand terug na Suid Afrika.

Kmdt. Bakkes het die gevolgtrekking gemaak dat geen man onder 60 te oud is vir oorlogmaak nie, mits hy fiks is, "reg eet, liefs nie rook nie en geen oortollige vet ronddra nie". En die gehoor kon sien dat hierdie ondervindinge hoog in sy lewe gestaan het, en waardeer die manier waarop hy dit met ons gedeel het.
(J.M.)

* * *

Future Meetings
Johannesburg
16th October 20H00 Mrs Sheila Henderson-"Alexander Biggar"
13th November 20H00 Maj D.D.Hall -"The Story of the Long Tom Guns in the South African War of 1899-1902".

Durban (Contact Tania van der Watt for details -742970)
16th October 20H00 Capt A.A.Winter "The B.S.A.P."

Cape Town (Contact Paul Lange for details 617441)
13th November 20H15 Prof J De Villiers-"Medical Services during the Anglo-Boer War

* * *

Journal

All paid-up members of the Society should by now have received their copy of the June 1980 edition of the Journal. (Anyone who has not yet received their copy, please contact Maurice Gough-Palmer at 616-1531(H)). Apologies are extended to those members who had to pay extra postage to the post office due to the Journal being understamped.

* * *

Military History Tour

The Museum has posted to all members the proposed timetable for the Tour of the Newcastle Battlefields from 26th February to the 1st March,1981.
Any member who has not yet received the timetable should contact the War Museum. Remember to pay busfares of R35-00 per person before 1st November.

* * *

Braaivleis

The Executive Committee of the Society considered arranging a braaivleis for members during November. Due to the high estimated cost of about R6-00 per person this has now been called off.

* * *

History of 6 Field Regt. S.A.A.

A history of the 6 Field Regiment is presently being compiled. Would anyone with any relevant information please send it to the Officer Commanding, 6 Field Regt. S.A.A., Private Bag X20599, Bloemfontein, 9300

* * *

Society for Army Historical Research

The Society for Army Historical Researh is seeking more members and authors of papers from South Africa. The Society publishes a quarterly journal covering Army and Regimental history, dress, arms, equipment and other interesting topics. Anyone interested in joining or submitting an article should contact Ken Mills, 2 Second Ave., Bezuidenhout Valley, 2094. Tel 618-2858

* * *

Mr John Lees Smail

Mr John Lees Smail, author and member of our Society, died suddenly in Durban on Saturday 30th August, 1980 at the age of 60. He is the author of several books on the history of Natal and Zululand including "The Restless Years", Monuments and Trails of the Voortrekkers", and "From the Land of the Zulus". He was writing the script for an illustrated book on military uniforms during the Zulu War period when he died.

That's all ... Mike Marsh


* NOTE* Fast mirror and backup site      BOOKMARK FOR REFERENCE     Main site * NOTE*


South African Military History Society / scribe@samilitaryhistory.org