SAMHSEC
Chairman: Malcolm Kinghorn culturev@lantic.net
Secretary: Stephen Bowker stephen@stephenbowker.co.za
Speaker coordinator: André Crozier andrecrozier@gmail.com
Scribe: vacant
Field trip coordinator: vacant
In celebration of the Centenary of the recognition of Afrikaans as an Official Language on 8 May 1925, our May zoomeetings were in Afrikaans.
SAMHSEC meeting 12 May 2025
Andriza Liebenberg
Die Bittereinders was Boere wat tydens die guerilla-fase van die Anglo- Boereoorlog van 1899 tot 1902 die Britse magte teengestaan het. Die naam "Bittereinders" kom van hul vasberadenheid om te veg tot "die bitter einde" eerder as om Britse heerskappy te aanvaar.
Andriza se aanbieding is in die Zoom-biblioteek opgeneem.
SAMHSEC RPC meeting 26 May 2025
In Sessie-1 het Dylan Fourie Die Slag van Modderfontein op 17 September 1901 in die distrik Tarkastad bespreek.
Die Slag van Modderfontein het plaasgevind toe die Boer Kommando onder leiding van Jan Smuts 'n eskadronkamp van die 17de Lansiers by Modderfontein Plaas naby Tarkastad tydens die Anglo-Boereoorlog ingeneem het.
Britse verliese was 29 gedood, 41 gewond en 60 gevange geneem, terwyl die Boere 1 gedood en 6 gewondes verloor het.
Die Kommando was voor die aksie uitgehonger en het 'n tekort aan perde, saaltuig, ammunisie, kos en klere gehad, wat hulle alles uit die gevange kamp kon buit.
Dylan se aanbieding is in die Zoom-biblioteek opgeneem.
In Sessie 2, het Stephan Botha ‘n resensie van Ian Knight se boek: Blood River 1838, The Zulu-Boer War and the Great Trek, 2024 (Osprey Campaign Series 402) aangebied.
Knight maak dit duidelik dat sy boek poog om 'n meer gebalanseerde weergawe te gee van 'n geskiedenis wat in die verlede kontroversieël en polities gelaai hanteer is.
Die eerste hoofstuk handel oor die aanloop tot die oorlog en die agtergrond van die strydende magte. In sy hantering van Retief se verhaal, word Retief egter uitsluitlik in 'n slegte lig voorgestel wat die gebalanseerdheid van die boek verdag maak.
Knight gee volgende 'n interessante opsomming van die “Orders of Battle” vir die verskillende gevegte by eThaleni / Italene 10 April 1838; Thukela 17 April 1838; Veglaer / emaGabeni 13 Augustus 1838; Bloedrivier / Ncome 16 Desember 1838; oPathe / Wit Mfolozi 27 Desember 1838 en amaQongqo (Zoeloe Burgeroorlog) 29 Januarie 1840.
Hy wei dan 'n hele hoofstuk aan “Opposing Plans”. Hier gee hy, onder andere, 'n samevatting van die samewerking tussen die Voortrekkers en die Britte van Port Natal.
Die volgende hoofstuk handel oor die bevelvoerders van die strydende magte, waar veral sy inligting oor die Zoeloe aanvoerders uitstekend is. Sy bespreking van Alexander Biggar kom ook hier voor.
In sy hantering van “Weapons and Tactics” kom Knight se goeie kennis van Zoeloe wapens en taktiek na vore. Ook die wapens van die Voortrekkers word beskryf. Sy hantering van die Voortrekkers skep egter die vermoede dat hy nie genoeg onderskeid maak met die latere Boere nie. Laertrek as taktiek word egter te vroeg gedateer. Weereens is die inbring van 'n beskrywing van die Port Natal Britte iets nuut vir my.
Knight se beskrywing van die verskillende gevegte is 'n goeie opsomming van wat gebeur het. Die Tugela en Bloedrivier slagte word meer in diepte hanteer. Die kleur illustrasies is beslis 'n sterkpunt. Adam Hook se werk is van hoë gehalte en maak op hul eie die boek die moeite werd. Die boek bevat “full colour battle scene artworks” en “3-dimensional bird’s-eye-views”.
In die hoofstuk “Aftermath” gee Knight 'n oorsig oor die geskiedenis wat tot die Britse anneksasie van Natal en die totstandkoming van die Boere Republieke in 1853 gelei het.
Volgende kom 'n hoofstuk “The battlefields today” wat interessante inligting en foto's bevat.
In die laaste gedeelte “Further reading and bibliography” stel Knight weer sy standpunt wat die Afrikaner interpretasie van die gebeure, met sydelingse verwysing na die Gelofte, afwys.
Uiteindelik gee die boek meer as net 'n weergawe van die Zoeloe/Voortrekker konflik van 1838. Die verband tussen die Britte van Port Natal en die Voortrekkers, en hulle eie konflik met die Zoeloes word ook toegelig. Die Zoeloe burgeroorlog tussen Dingaan en Mpande en die rol wat die Voortrekkers in hierdie konflik gespeel het, kry ook aandag. Alles word mooi binne die konteks van die breër geskiedenis geplaas.
Die boek is dus 'n goeie inleiding vir iemand wat iets oor hierdie belangrike tydperk in die geskiedenis van Suid-Afrika wil lees.
Comment: I was pleased that our May zoomeetings were well attended. Our approach remains that presentations in Afrikaans are welcome. There are websites, including Google Translate, which translate Afrikaans to English. Please share others which you find useful.
SAMHSEC meeting 9 June 2025
Robin Smith is to discuss War and Peace in the Anglo-Boer War.
SAMHSEC Requests the Pleasure of your Company to talk about military history on Monday 30 June 2025.
RPC meetings are opportunities for you to share your knowledge of a military history subject or book with fellow military historians. Presentations should last approximately 15 minutes to allow time for sharing the pleasure of one another’s company. You can do any number of RPC presentations per year. Please contact André at andrecrozier@gmail.com if you want to share your knowledge.
Early warning: SAMHSEC 2nd quarter 2025 field trip 22 June 25
The SA Legion has restored the gravestone of Lt James Craig VC in the St Mary’s Cemetery, Port Elizabeth (see http://samilitaryhistory.org/vol146rt.html). The restored gravestone was vandalised within days of being installed. The damage has been repaired. The restored gravestone is to be unveiled on 22 June, followed by a social opportunity at the Maritime Club.
SAMHSEC’s 2nd quarter 2025 field trip is to attend the unveiling ceremony. Details to follow.
If you are interested in participating in this field trip and are not on the SAMHSEC WhatsApp group, please send me a WhatsApp on 082 331 6223.